TV Plus (Afrikaans)

Meer as net vriende

Moliehi is alte bewus van die spesiale vriendskap wat tussen haar man James en Imani blom.

-

Die liefde is moeilik genoeg soos dit is, maar vir Imani (Zonke Mchunu) is dit eenvoudig onmoontlik. Sy het haar man Ranthomeng (Brian Themba) in September die deur gewys ná sy gehoor het hy het by sy gewese meisie Buhle (Mmarona Motshegoa) geslaap, en nou is sy die een wat ontrou is. Sy het gaan troos soek by James (Dingaan Mokebe), maar het die fout gemaak om hom op Maandag 8 Oktober in ’n hotelkamer te ontmoet om te praat. Gevoelens van liefde het oorgeneem en teen Woensdag 24 Oktober is dit amper ’n volwaardig­e affair.

Die probleem is James se vrou Moliehi ( Vatiswa Ndara) is op hul spoor en “as daar een ding is wat hulle oor Moliehi gaan uitvind, is dit om weg te bly van haar man!” waarsku Vatiswa.

WARE GEVOELENS

Moli het James en Imani by die hotel gesien, maar toe niks slegs daarvan gedink nie. “Daar’s spanning in die huis,” sê Vatiswa. “Haar gedagtes aan hul romanse wat verflou lei tot ’n giftige atmosfeer in die Zikalala-huis.” Daar is gedurig bekgevegte tussen Moli en James, en Moli het haarself begin kwalik neem omdat James rondkyk.

Intussen het James vir Imani vertel hulle kan nie langer uiting gee aan hul gevoelens nie. “Jy ken ons geskiedeni­s,” sê hy vir haar op Maandag 29 Oktober. “En ons is albei nou volwassene­s, dus kan ons nie verby die punt gaan nie.”

’N SKRIKAANJA­ENDE VROU

Dis vir Imani moeilik om dit te hoor, verduideli­k Zonke. “James is ’n goeie luisteraar wanneer sy meesal oor haar gevoelens praat. Sy ken Moliehi se donker kant goed, maar Imani weier om geïntimide­er te word.” Zonke voeg by haar karakter ignoreer die gevolge en gaan voort om James as uitlaatkle­p vir haar stres te gebruik – tuis en by die kantoor. “Sy gaan voluit, selfs as dit beteken sy dryf Moliehi in ’n hoek.”

Tog moet Imani ag slaan op Vatiswa se waarskuwin­g: “Moli het al bewys sy sal hand en tand vir haar gesin veg. Niks keer haar om haar sin te kry nie.”

VERLEDE KEER

Tendamudzi­mu het sy vrou Livhuwani in die openbaar verneder, James het Skhumbuzo opdrag gegee om sy moeilikhei­dmakermeis­ie Rendani te los, Moliehi wou Imani afdank, en Susan het Azwindini verlaat.

24 – 26 OKTOBER

Azwindini dring daarop aan sy baba se ma, Livhuwani, trek by hom in en bly nie langer by haar vervreemde man Tenda nie, en Susan stuur vir Azwindini ’n boodskap dat sy alleentyd nodig het om oor hul huwelik te dink. Rendani trek weer by Skhumbuzo in, en Moliehi verloor haar humeur wanneer sy van haar man James se geskiedeni­s met die flirterige Imani uitvind. Livhu swig intussen voor Tenda se romantiese gebare.

29 OKTOBER – 2 NOVEMBER

Tenda en Livhu vind weer hul liefde en Azwindini eis noodgedwon­ge ’n DNS-toets van sy babadogter Ndiwanga. Rendani weier om saam met Gizara te vertrek, en Livhu stel Azwindini voor ’n ultimatum. Vhos-Makhadzi en Masindi is ongelukkig oor Azwindini se planne om met Livhu te trou, en ’n desperate Mpho wil Azwindini terughê. Mulalo is woedend vir Rendani, en ’n woedende Vhangani besluit dis tyd om Vho-Mukondelel­i te konfrontee­r.

5 – 6 NOVEMBER

Tenda raak toenemend gefrustree­rd oor Livhu se besluitloo­sheid, die Zikalalas word na Thathe ontbied, en ’n skielike krisis staar Mulalo in die gesig.

 ??  ?? Imani (inlas) is verstom wanneer Moliehi haar hotelontmo­eting met James onderbreek.
Imani (inlas) is verstom wanneer Moliehi haar hotelontmo­eting met James onderbreek.
 ??  ?? Ranthomeng se fling met sy eks Buhle was die oorsaak dat Imani hom uit die huis gejaag het.
Ranthomeng se fling met sy eks Buhle was die oorsaak dat Imani hom uit die huis gejaag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa