TV Plus (Afrikaans)

“Dis klaarpraat”

Brooke gee Bill ’n spreekwoor­delike skop onder sy jis wanneer sy uitvind van sy aandeel in die brand by Spectra Fashions.

-

Die groot, bose Bill Spencer (Don Diamont) boelie eers en hanteer die skade later. En al is hy nie bang om ’n miljoen dollar te verloor nie, is daar iets wat hy nie kan bekostig om te verloor nie: sy vrou Brooke (Katherine Kelly Lang). Hul huwelik het aan ’n draadjie gehang op Vrydag 19 Oktober ná Brooke uitvind Bill het vir haar gelieg oor die September-brand by Spectra Fashions en dat hy die brandstigt­er was. “Ja, dit was ’n fout, maar ek gaan alles wat ek kan doen om dit reg te stel,” sê Bill vir sy woedende vrou op Woensdag 24 Oktober. Die sakeman wou die gebou by sy portefeulj­e voeg sodat hy ’n wolkekrabb­er in sy plek kon oprig, maar nou kos dit hom meer as net sy boudrome. “Vir Brooke is dit tot siens, Bill,” sê Katherine.

TJANKBALIE

“’n Mens moet êrens die grens stel,” verduideli­k Katherine, wat onlangs in Suid-Afrika was om Bold se 30ste verjaardag te vier. “Bill het beloof hy sou nie iets doen om haar seer te maak nie; tog het hy dit gedoen. Sy voel hy het haar in die steek gelaat, maar dit gaan meer om mense se lewe te bedreig en die wet te oortree. Dis ’n misdaad en sy dink net ‘Hoe ver kan hy gaan?’ Dit maak haar bang.” Wat Brooke en Bold-kykers gaan verras is die huilende pateet waarin Bill verander op Donderdag 25 Oktober terwyl hy om vergifnis smeek. Brooke het nooit lank in ’n ongelukkig­e huwelik gebly nie – ook nie ’n gelukkige een nie – en die 14 keer getroude femme fatale gee hom later die dag ’n bitsige antwoord. “Dis verby,” sê Brooke in ’n streng stem en laat haar trouring in Bill se hand val voor sy wegstap. Die laaste wat sy hoor wanneer die deur toeklap is ’n patetiese “Asseblief, moenie!” van Bill.

TREK UIT, BEWEEG AAN

“Ek wens hulle twee het ’n bietjie meer vreugde gehad voor hulle die afdraandep­ad op so ’n dramatiese manier getref het,” erken Katherine. Agter die yskoue fasade is Brooke regtig hartseer omdat sy weer alleen is, maar Bill hoef nie lank te wag vir troos nie. Sy vriendskap met sy skoondogte­r Steffy (Jacqueline Mac-Innes Wood) neem ’n skandalige wending op Dinsdag 6 November wanneer haar skouer om op te huil baie meer word. Tot siens, Bill? Eerder ’baai, Brooke.

VERLEDE KEER

Nicole en Zende het na Parys verhuis, Liam het besluit hy gaan Sally help, Brooke het uitgevind van Bill se aandeel in die Spectra-brand, en Wyatt het vermoed daar is probleme met die maatskappy se boeke.

24 – 26 OKTOBER

Steffy waarsku Sally om haar hande van Liam af te hou, RJ sê vir Brooke Ridge is die enigste man vir haar, en Bill is geskok wanneer Brooke haar trouring vir hom teruggee. Eric vra Ridge verskoning omdat hy gesê het Ridge is nie sy seun nie, en Bill huil oor hy Brooke verloor het, maar Steffy kom kuier en hulle omhels mekaar.

29 OKTOBER – 2 NOVEMBER

Wyatt is woedend oor sy pa se betrokkenh­eid by die Spectra-brand, en Bill gee Liam toestemmin­g om die maatskappy in ’n nuwe rigting te stuur. Quinn vertel Ivy dinge tussen haar en Eric is beter as ooit tevore, en Sheila vermoed iets is tussen Wyatt en Katie aan die gang. Eric het ’n nutsman by die huis nodig en stel Mateo aan as sy nuwe Mr. Fix-It. Sheila hoor van Mateo en bedink ’n plan om hom in haar wraakplan teen Quinn te gebruik.

5 – 6 NOVEMBER

Liam vra Sally om hom op ’n sakereis na San Francisco te vergesel, maar Steffy is ontevrede. Ridge sê vir Brooke hy het sy les geleer en sal haar nie weer in die steek laat nie, en Steffy besoek Bill en hy soen haar.

 ??  ?? Brooke gee haar trouring sowel as Bill se vryheid terug.
Brooke gee haar trouring sowel as Bill se vryheid terug.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa