TV Plus (Afrikaans)

Op ’n hoë noot

Johan Stemmet is vol hoop dis nog nie die einde van sy gewilde speletjies­program Noot Vir Noot nie.

-

Noot Vir Noot Seisoen 43 Donderdae SABC2 (*192) 19:00 (begin 25 Oktober)

“Ek is dalk 66 jaar oud, maar Noot Vir Noot hou my jonk,” skerts Johan Stemmet, aanbieder van die immergewil­de musiekspel­etjiesprog­ram Noot Vir Noot (1991-nou), toe tvplus met hom op Langebaan, waar hy vakansie hou, gesels oor die tweede helfte van seisoen 43. “Die volgende 14 episodes gaan kykers vasgenael voor die kassie hou,” belowe Johan.

Hoe lyk die toekoms van Noot Vir Noot?

Ek sou sê goed. Ek glo daar gaan nog vele seisoene wees, maar soos ons weet moet alles die een of ander tyd verander. As ek die dag nie meer Noot Vir Noot aanbied nie, sal daar ’n hernuwings­proses wees en die hele program sal verander, of dit sal ophou.

Wat is anders in die nuwe episodes? Daar is nie baie nie, want kykers hou nie van drastiese veranderin­gs nie. Ons het net hier en daar ietsie kleins verander, soos die stel wat ’n effens kleurryker voorkoms het, beligting is rondgeskui­f, en al die speletjies is ’n bietjie verander sodat dit lekker vlot. Ek is betrokke by die beplanning van elke episode en die redigering en soms sien ek ’n speletjie het dalk sy dae gehad. Dan verander ons dit effens, ons kleur dit in.

Hoekom dink jy is die program nog so gewild?

Ons het ’n goeie wenresep. Dit is ’n gesinsreek­s en interaktie­f – almal neem deel wanneer dit uitgesaai word. Ons het die reeks 27 jaar gelede ontwerp en wou van die begin af pret hê – en ons het steeds. Dit is die sterkste element vir ons.

Wie is die een deelnemer wat kykers moet dophou?

Ek gaan die pret bederf as ek die naam bekend maak, maar sy is ’n prokureur wat haar musiek behoorlik ken. Ek dink dis veilig om te sê sy gaan ons legendarie­se seisoen 24-wenner, (2004) Daantjie (Dinamiet) Badenhorst, ore aansit.

Op TV is jy ’n musiekmasj­ien wat al die antwoorde ken. Hoe kry jy dit reg? Alle

eer gaan aan my produksies­pan wat die musieknavo­rsing doen. Ek het darem ook ’n baie goeie musiekkenn­is en tussen my en die span werk ons die vrae uit.

Hoe kies julle kunstenaar­s? Dit kan nogal netelig wees. Die kunstenaar moet landwyd bekend wees. Ons luister na al die radiostasi­es om te hoor watter kunstenaar se liedjie word landwyd gespeel, want so kan ons vasstel wie kykers sal wil sien en hoor. Ek sê altyd vir mense as jy wil deelneem, bewys jouself eers landwyd en nie net in ’n beperkte streek nie. Want jy sing nie net op TV nie, maar ook in mense se sitkamers regoor Suid-Afrika. Het julle al ’n kans gewaag met ’n onbekende kunstenaar? Ja, een keer in 2000.

Ons het van Dozi gehoor wat toe nog redelik onbekend was. Ons wou hom graag laat optree, maar moes met iets unieks vorendag kom. Omdat hy goed in Zoeloe is, het ons al die liedjies in Zoeloe vertaal en hy het dit kom sing, en kort daarna word hy ’n groot sukses.

 ??  ??
 ??  ?? Johan besig om deelnemers se musiekkenn­is te toets.
Johan besig om deelnemers se musiekkenn­is te toets.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa