TV Plus (Afrikaans)

Liefde aanlyn

Pabi Moloi en haar span help enkellopen­des om hul tweede kans op aanlyn romanse te kry in Love @ Second Swipe.

-

Love @ Second Swipe Seisoen 1 Donderdae Lifetime (*131) 20:00 (begin 25 Oktober)

Aanlyn afsprake is baie moeiliker as om ’n gepaste persoon in ’n klub, by ’n partytjie of selfs deur vriende te ontmoet. “Ons gee aanlyn maatsoeker­s nog ’n kans om liefde te vind,” sê Pabi Moloi, aanbieder van die realiteits­reeks Love @ Second Swipe (2018-nou). Is jy bekommerd jou aanlyn profiel sal nie jou beste eienskappe na vore bring nie? Nie seker jou beskrywing van jouself sal aantreklik en aanloklik genoeg wees dat potensiële pasmaats jou sal kontak nie? Moenie bekommerd wees nie, verduideli­k Pabi: “Ons verander ons ‘deelnemers’ van binne en buite. Hulle vorder van hopelose enkellopen­des in iemand met selfvertro­ue wat gereed is om ander te ontmoet.”

Maar Pabi is nie alleen aan die werk nie. Love @ Second Swipe het ’n koptot-tone-oormaakspa­n saamgestel wat style en profiele gaan herskep vir die enkellopen­des wat na liefde soek. Wat’s die eerste ding wat mense opmerk? Klere! En die een wat dit gaan aanpak is die stilis en ontwerper Shaldon Kop- man, wat sy aan sy saam met die grimeerkun­stenaar

Nthatho Mashishi werk. Vir die deelnemers se emosionele welstand is die lewensafri­gter dr. Zenia Barnard by die span gevoeg. “Dis ’n interessan­te proses,” sê Pabi. “Ek is op bystand en ondersteun die deelnemers ná hul oormaakses­sies en tydens hul sessies met dr. Zenia.”

LEERKURWE

Wat die liefde betref, sê Pabi die sleutel is eerlikheid en introspeks­ie. “Ons kry deelnemers wat dink hulle is gereed om te date, maar hulle is nie altyd bereid om hul ware self te ondersoek nie.” Pabi voeg by: “Baie van ons is in dieselfde bootjie en hoop iemand sal kom en ons voorkoms verbeter, maar ons is nie gereed om ten volle te aanvaar wie ons binne-in is nie. Om eerlik met jouself te wees help jou om te weet wat jy regtig van ’n romantiese verhouding wil hê. Van ons deelnemers ken hulself nie. Ons sien ontkenning en verdraaide selfpersep­sie wanneer hulle aankom, en ’n ander persoon wanneer hulle vertrek.”

 ??  ?? The Second Wipe-span (van links): die stylis Shaldon, aanbieder Pabi en die lewensafri­gter dr. Zenia.
The Second Wipe-span (van links): die stylis Shaldon, aanbieder Pabi en die lewensafri­gter dr. Zenia.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa