TV Plus (Afrikaans)

Taai tronklewe GEVAARLIKE SUSTERS

Litchfield se geharde tronkvoëls word die nuwelinge wanneer maksimumve­iligheidst­raf hul voorland is.

-

Orange Is The New Black Seisoen 6 Woensdae M-Net (*101) 23:00 (begin 31 Oktober)

Die onbekende wag op die vrouegevan­genes in die Litchfield-tronk in seisoen 6 van Orange Is The New Black (OITNB, 2013-nou) ná seisoen 5 se oproer oor die moord op Poussey (Samira Wiley). In storieterm­e het net tien dae verloop sedert haar dood aan die einde van seisoen 4 (September 2016), maar dis ’n hele nuwe wêreld vir haar vriende, wat verdeel en na verskillen­de gevangenis­se oorgeplaas word. Die reeks handel nou oor die vroue wat na ’n maksimumve­iligheidst­ronk gestuur word weens hul sleutelrol in die Litchfield-opstand, tesame met die wagte se leuens, toesmeerde­ry en die blaam wat op een gevangene geplaas word vir die tronkoffis­ier Piscatella (Brad William Henke) se dood, wat per ongeluk deur die onlustepol­isie doodgeskie­t is in die seisoen 5-finaal (Desember 2017). “Daar’s geen uitweg as jy ’n tronkopsta­nd begin nie, want jy word reeds as die skuim van die samelewing beskou,” waarsku Danielle Brooks (Taystee). “En nuwe gevangenis­se beteken nuwe wagte, nuwe selmaats. Jy moet jou bondgenote, jou ‘stam’ vind. Jy moet van voor af begin.” Die sleutelgro­ep van die Litchfield­vroue sal ’n oorlogsone betree, en hulle sal nie kant kan kies nie. Die moorddadig­e, kleinlike susters Carol en

Barbara (Henny Russell en Mackenzie Phillips) beheer elk ’n selblok, en dwing diegene onder hul duim om mekaar te saboteer in hul haatoorlog teen mekaar. En nog erger, die bose susters koester ’n ou wrok teen een van die Litchfield-vroue en wil wraak neem! “Albei gebruik mense tot hul eie voordeel en hulle het nie emptie met enigiemand buiten hulself nie,” vertel Henny.

WELKOM TERUG!

Die enigste Litchfield-vroue wat ons gaan sien is: Aleida (Elizabeth Rodriguez), Alex (Laura Prepon), Black Cindy (Adrienne C. Moore), Blanca (Laura Gómez), Daya (Dascha Polanco), Flaca (Jackie Cruz), Frieda (Dale Soules), Gloria (Selenis Leyva), Maria (Jessica Pimentel), Morello (Yael Stone), Nicky (Natasha Lyonne), Pennsatuck­y (Taryn Manning), Piper (Taylor Schilling), Red (Kate Mulgrew), Sophia (Laverne Cox), Suzanne (Uzo Aduba) en Taystee.

 ??  ?? Black Cindy (links) en Taystee se lojaliteit sal getoets word.
Black Cindy (links) en Taystee se lojaliteit sal getoets word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa