TV Plus (Afrikaans)

A Very English Scandal

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 23:05 Drama

Wie is ’n beter keuse om lid van die hoëlui en Britse politikus van die 1970’s te speel as Hugh Grant? Die 58-jarige vertolk die rol van Jeremy Thorpe in die drie episode lange biografies­e minireeks A Very English Scandal (2018) en erken om so ’n vooraansta­ande persoon uit te beeld was senutergen­d. “Die man is aangekla van moord, maar die eintlike skandaal destyds was die onthulling van sy gay-leefstyl. Dit was taboe en is afgekeur. Ek onthou hoe almal daaroor gepraat het.”

Hugh beweer as hy nie akteur ge1 word het nie sou hy sy pa en oupa na die leër gevolg het, al is hy bang vir vuurwapens. Sy ma, Fyvola Susan, ’n onderwyse2 res, het hom dramaklass­e laat neem om hom besig te hou. Hugh het so goed gevaar hy het beurse na Oxford gekry, wat hy aanvaar het, en nog een van The Courthauld Institute vir sy doktorsgra­ad in drama, wat hy nie aanvaar het nie om sy loopbaan te volg. Hugh se deurbraakr­ol het byna nie 3 gebeur nie. Die grimeerkun­stenaar het aangebied om visueel ’n sespak op sy maag te skep vir ’n kaal toneel as Charles in die 1994-komedie Four Weddings & A Funeral. Hugh het beleef gevra: “Stel ’n dubbelgang­er aan, asseblief, of ek loop.” Die toneel is laat vaar. As tiener het hy sokker, krieket en 4 gholf gespeel, al het hy deesdae minder tyd daarvoor as ’n pa van vyf. Hy het twee kinders van sy fling met die ontvangsda­me Tinglan Hong – Tabitha (7) en Felix Chang Hong (5) – en drie by sy vrou, Anna Eberstein, ’n TV-programver­vaardiger – John Mungo Grant (6) en ’n driejarige asook ’n pasgeboren­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa