TV Plus (Afrikaans)

Nicholas Nkuna

Wat gaan in jou gunsteling­akteur se kop aan?

-

I Nicholas Nkuna het baie gemeen met dokter Fikani, sy karakter in 7de Laan (2000-nou, sien bl. 20). Albei is sjarmant, deernisvol en eerlik, maar die 29-jarige erken hy sou meer drama in sy storielyne wou hê. “Fikani is voorbeeldi­g. Ek hou van hom, maar wil graag hê ’n geraamte of twee moet uit die kas tuimel om dinge interessan­ter te maak.” Al kan daar later skandale vir Fikani voorlê hou plaaslike TV Nicholas intussen gelukkig.

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met jou

vriende gespeel het? Generation­s (1994-nou); dit het my beïnvloed om akteur te word. Die storielyne en puik akteurs soos Connie Ferguson (Karabo Moroka) en Rapulana Seiphemo (Tau Mogale) het alles so realisties op die skerm laat lyk.

Wie was jou eerste TV-liefling? Pabi Moloi (sy bied die nuwe realiteits­reeks Love @ Second Swipe aan, sien bl. 30). Sy doen alles met statigheid en grasie, en haar hees praatstem is vir my baie aantreklik.

Wat het jy gedoen wanneer daar ’n intieme” oomblik was terwyl julle as gesin TV gekyk

het? Ek is as kind nie toegelaat om enige soort volwasse inhoud te kyk nie, nie eens VSA sepies soos Bold & Beautiful (1987-nou) of Days Of Our Lives (1965-nou) nie. My ouers was streng en het ons TV-kyk gekontrole­er. Watter produk wat jy al in ’n TV-advertensi­e of program gesien het wil jy graag hê? Enige soort selfoon.

Wie se TV-klerekas sou jy wou hê? Hakeem Lyon (Bryshere Y Gray) s’n in die dramareeks Empire (2015-nou). Ek is behep met sy tekkies, rapper-klere en bykomstigh­ede. In wie se TV-huis sou jy graag wou bly? Harriet Khoza (Connie Ferguson) se herehuis in The Queen (2016-nou). Ek is mal oor die oop konsep van haar huis en, natuurlik, die deftige meubels. Oor O watter reeks is jy tans fanaties? Die plaaslike tronkdrama Lockdown (2017-nou op Mzansi Magic). Dit verskuif grense met gritty storielyne en het wonderlike spelers soos Dawn Thandeka King (Ma Z) en Zola Nombona (Monde).

Watter W werk sou jy agter die skerms wou

doen? d Ek sou ’n kameraman wou wees. Hulle speel ’n belangrike rol om die toneel vas te lê en dit help om die storie te vertel.

WatW is een van jou gunsteling­stor

riekinkels in ’n reeks? ’n Reeks met baie storiekink­els soos in Prison Break (2005-2017). Elke episode het ’n verrassing wat jou mond laat oophang.

Wat is jou nagmerrie-scenario

wanneer jy ’n toneel verfilm? Die weer, wanneer dit koud, winderig en stormagtig is. Ek was in die realiteits­reeks Top Actor SA (2015-nou) in 2015 en het ’n strandtone­el gehad. Dit was koud en ek het somerskler­e aangehad. Ek kon nie eens ’n baadjie kry om my warm te hou nie!

Met M al die nuwe weergawes tans, van watter reeks sou jy ’n nuwe weergawe wou maak

en e daarin speel? Die Vuzu-drama Ayeye (2014). Dit gaan oor vriende van Maboneng wat in Sandton gebly het, en ek sou dit meer modern maak met meer tersaaklik­e storielyne vir vandag se kykers.

As A jy enige karakter in ’n reeks kon speel,

wie sou dit wees? Jack Mabaso (Vusi Kunene) in Generation­s. Jô! Dis ’n ikoniese rol vol verskeiden­heid en drama. Watter reeks kan jy nie ophou kyk nie? Lockdown en die plaaslike bonatuurli­ke reeks The Herd (2018-nou). Jou J gunsteling-TV-ikoon is: Donald Glover (Earnest in die dramareeks Atlanta, 2016-nou). Hy is so veelsydig – akteur, musikant, skrywer, regisseur en vervaardig­er.

En E as jy iets aan jou karakter kon

verander? v Ek sou sy klere effens aanpas en hom meer informeel en eksentriek laat aantrek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa