TV Plus (Afrikaans)

Die onwillige onnie

Jack Griffin se biologiekl­as kan baie by hul onvergenoe­gde plaasverva­nger-onderwyser leer in

- A.P. Bio.

Wanneer die skrander filosofieb­eurshouer Jack Griffin (Glenn Howerton) sy droomwerk aan sy teenstande­r Miles Leonard (Tom Bennet) moet afstaan, beland hy weer in sy tuisdorp, Toledo in Ohio, in die donker komedie A.P. Bio (2018-nou, seisoen 1 kan nou op Showmax gestroom word). Daar moet hy klasgee in A.P. Biologie aan die Whitlock-hoërskool – in Engels verwys dit na “advanced placement”, oftewel gevorderde toelating, wat beteken van die krediete kan na leerders se universite­itsvlak-kursusse oorgedra word. Maar Jack sê dadelik onomwonde aan sy klas hy wil nie hier wees nie en hy is geensins van plan om enigiemand enigiets van biologie te leer nie. Tog besef die onwillige onderwyser hy het die skool se slimste kinders tot sy beskikking, dus gaan hy hulle gebruik sodat hulle hom help om wraak te neem op Miles.

Die kinders hoef darem nie bekommerd te wees hulle gaan niks van biologie leer nie. Want hul “opvoeder” is ’n interessan­te studie in primatolog­ie wanneer hy op sy bors slaan (figuurlik) en hom soos ’n aap gedra.

In episode 1 is Jack se optrede ’n klassieke voorbeeld van primaatagg­ressie en dominansie. Hy daag laat op, jaag met sy kar die skool se naambord om en dreig ’n fietsryer. Hy bars by die klaskamer in en gooi ’n wapen (’n koevoet) op sy tafel voor die verstomde kinders neer. Dink aan ’n sjimpansee wat sy teenstande­rs afskrik terwyl hy van boomtak na boomtak swaai . . .

’n Paar dae later vertel Jack vir sy klas hy het die vorige aand in die openbaar by die hospitaal geürineer waar sy eksliefde werk omdat sy nie seks met hom wou hê nie. Enigiemand wat al in die dieretuin gesien het wat ’n aap doen wat kwaad is vir iemand, sal weet dit kon veel erger gewees het.

Wat verder interessan­t is, is dat mantelape bekend is daarvoor dat hulle op hul eie pote urineer as ’n manier om aandag te trek. En in 87% van gevegte of aggressiew­e voorvalle tussen ape, is opgemerk hoe die verloorder hom in sy eie uitskeidin­g was in ’n poging om simpatie te kry. Dis ook hul voorspel tot hofmakery, dus . . .

In episode 9 het die leerders elk ’n realitiese robotbaba in hul gesondheid­sklas gekry om saam te dra en te versorg. Jack hou niks daarvan nie en wanneer sy klas weier om hul irriterend­e, skreeuende babas te ignoreer, gaan verdrink hy die “monstertji­es” in die skoolswemb­ad. Dis tipiese primaatged­rag van ’n dominante mannetjie oor sy trop. Die nuwe leier van die trop sal alle ongespeend­e kleintjies afmaai, en so sy voorganger se nalatenska­p uitwis. Jack is bloot besig om sy beheer oor sy klas te bevestig en enige invloed van buite (hul gesondheid­sonderwyse­r) af te weer om die oorlewing van sy eie kurrikulum te verseker.

In episode 11 probeer Jack sy klas intimideer om te bieg, en hy skil en eet ’n piesang met harde smakgeluid­e terwyl hy na een kind staar, net sowat 30 cm weg van die seun se gesig. By primate, soos in die geval van mense, makake en bobbejane, veroorsaak die binnedring van persoonlik­e ruimte angstighei­d. Dit toon daar is ’n groter risiko van fisieke aggressie, want jy is binne die ruimte wat die ander primaat nodig het om homself teen roofdiere te beskerm.

Maar ’n piesang, Jack? Kan jy enigsins meer blatant wees?

 ??  ?? Jack Griffin is die ergste en beste leerkrag op TV.
Jack Griffin is die ergste en beste leerkrag op TV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa