TV Plus (Afrikaans)

Biologiese terrorisme

’n Nuwe oorlog breek in Binneland uit.

-

Slinkse streke, skote wat gevuur word, afpersing . . . en dit alles vir biologiese terrorisme. Dit klink na iets uit ’n aksiefliek, maar dis presies die situasie waarin At (Hans Strydom) en sy kollegas in die Binneland-kliniek hulle bevind wanneer Cronjé (Jacques Gombault) op Woensdag 24 Oktober by die kliniek opdaag met ’n voorstel: “Hy wil hê Binneland se dienste moet die eerste wees waarvan sy staalfabri­ekwerkers gebruik maak wanneer hulle mediese hulp nodig het,” verduideli­k Jacques. “Maar eintlik het hy sy eie agenda,” voeg hy geheimsinn­ig by.

Wat die Binnelande­rs nie weet nie, is Cronjé is eintlik Jonas, die huursoldaa­t van die Kongo aan wie At in Augustus ’n losprys van 1 miljoen dollar betaal het om van sy dokters, Elana Bester (Ilne Nienaber) en Steve Abrahams (Clint Brink), uit ’n gyselsitua­sie te bevry. Elana en Steve het in ’n veldhospit­aal gewerk toe Jonas en sy rebelle hulle gevange geneem het.

Die geld was nie genoeg vir Jonas/ Cronjé nie. Hy en sy broer Esra (Francois Jacobs) wil Binneland sink en sal nie skroom om duisende lewens in gevaar te stel om in hul doel te slaag nie.

AFPERSING

Terwyl “Cronjé” besig is om die nuwe kontrak met die Binneland-raadslede te bespreek, is At gewikkel in ’n ander situasie. Hy word afgepers met bewyse van die gyselaarge­ld ná Esra dit skelm uit die kliniek gesteel het. Dit kan natuurlik nie op die lappe kom nie, want “dit bewys die geld is sonder die nodige toestemmin­g en onwettig uit die land gesmokkel”, vertel Jacques.

At en sy handlanger Piet (Deon Coetzee) ontmoet hul afperser dieselfde dag, Woensdag 24 Oktober, in ’n afgeleë pakhuis om te hoor wat in ruil vir die dokumente verwag word. En At is geskok wanneer hy die eis hoor: At moet ene Letitia Snyman (Rika Sennett) opspoor. Letitia het jare gelede ’n dodelike patogeen (skadelike bakterieë wat siektes veroorsaak) gekweek. Die terroriste soek haar om vir hulle die patogeen te kweek vir chemiese oorlogvoer­ing. En as At haar nie vir hulle opspoor nie, gaan die bewyse reguit na die inkomstedi­ens.

Piet ondervra Esra, maar voor hulle enige antwoorde kry breek daar ’n skietgeveg uit, en Esra ontsnap. “At weet hulle is nou in die moeilikhei­d, maar hy het nog nie die verband tussen Esra, “Cronjé” en die nuwe kontrak met Binneland besef nie,” vertel Jacques.

“Eers wanneer At en Conrad (Hykie Berg) oor die pakhuis- gebeure praat, begin hulle een en een bymekaarte­l, veral wanneer Conrad sy pa vertel “Cronjé” weet wat die afpersings­bedrag was. Hulle besef daar moet ’n verbinteni­s tussen “Cronjé”, Jonas en Esra wees.”

 ??  ?? At word afgepers deur die motorfiets­ryer op die agtergrond.
At word afgepers deur die motorfiets­ryer op die agtergrond.
 ??  ?? Letitia bewapen haarself wanneer sy gesoek word deur At.
Letitia bewapen haarself wanneer sy gesoek word deur At.
 ??  ?? Jax (links) en Elana was destyds ook saam in die Kongo.
Jax (links) en Elana was destyds ook saam in die Kongo.
 ??  ?? Esra (links), Piet en At agter die skerms tydens die ontmoeting met die afperser.
Esra (links), Piet en At agter die skerms tydens die ontmoeting met die afperser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa