TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Om ’n regeringsa­gent te wees verg baie van liggaam en gees, daarom het die span in NCIS: LA (2009-nou) hul eie interne sielkundig­e in die vorm van Nate Getz (Peter Cambor). Dis sy werk om jou op die regte pad te hou. “Maar ’n mens kan sien hy brand eintlik om in die veld te kom,” sê Peter. “Ek is nie die fiksste ou onder die spelers nie, maar in latere seisoene verruil Nate sy kopdokterb­ank vir werk onder die dekmantel.”

1 Daar is twee dinge van sy rol wat Peter verpes: “Ek’s superlui; om dus so skoongeske­er te wees is moeilik – ek verkies ’n stoppelbaa­rd en om nie my hare te kam nie.”

2 Die 40-jarige werk al sedert hy in 2001 sy graad in Engelse letterkund­e aan die Deerfield Academy behaal het. Maar van 2003-2007 het hy verder studeer aan die American Repertory Theater’s Institute for Advanced Theater Training van die Harvard-universite­it.

3 Hy kom van die sportmal Texasstad Houston, maar sê hy wou nooit ’n sportman word nie: “Ek’s 1,96 m lank en selfs basketbal het my nie aangestaan nie. Ek wou op die verhoog wees. Maar dis soos om ’n profession­ele atleet te wees – toe ek studeer het, was dit sesdag-weke, met repetisies en oefening 13 uur per dag.”

4 Peter is uiters privaat, wat gelei het tot spekulasie dat hy gay is. Sy agent kyk voor onderhoude na die vrae wat verwag kan word en hy weier glo om enigiets persoonlik­s te antwoord.

5 Hy het in 2012 teruggekap met twiets oor sy meisie wat hy “die sudoku-koningin” genoem het. Die foto het net ’n vrou se hande gewys, geen gesig nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa