TV Plus (Afrikaans)

The Walking Dead

-

Seisoen 9 FOX (*125) 20:45 Sci-Fi

Norman Reedus se karakter Daryl Dixon in die zombiereek­s The Walking Dead (2010-nou) is nie bang om zombiekopp­e te verbrysel nie, maar die akteur sien nie kans vir ouer-onderwyser­aande nie. “Om saam met al die ma’s te sit en na onderwyser­terugvoer te luister is angswekken­d,” sê Norman, wat ’n enkelouer is vir sy 19-jarige seun, Mingus. “Gelukkig is dit nou verby!” Al is dit vuil werk om zombies dood te maak, kan Norman sy passie uitleef in sy werk: motorfiets­e.

Die 49-jarige ry al motorfiets vandat hy ’n tiener is en voeg by dis die maklikste om in New York, waar hy woon, rond te beweeg. Hy het ook ’n eie dokkiereek­s, Ride With Norman Reedus (2016-nou). Norman het eers belanggest­el in onderwater­bewaring, nie toneelspee­l nie, en sê: “Ek is ’n groot fan van die Franse wetenskapl­ike en onderseewa­ter-genie Jacques Cousteau en het altyd gedink dis my roeping.” Tog het toneelspel in 1996 gelok toe hy by ’n partytjie in Los Angeles gesien is en die rol van Jeremy in die mutantkakk­erlak-manvreterf­liek Mimic (1997) aangebied is. Ná ’n paar ander eenmalige TV-rolle het hy in 2010 die rol gekry van Daryl, wat spesiaal vir hom geskep is. Norman het nie net in musiekvide­o’s vir onder andere R.E.M., Björk en die Goo Goo Dolls opgetree nie. Hy’s ook ’n musikant en toer dikwels as gaskunsten­aar saam met die heavy metal band Anthrax. Hy het al ongewone geskenke van fans gekry. “Daar was ’n borsinplan­ting, en ’n meisie het my ’n sak vleis gegee . . . en gesê dit was eekhoring wat sy self geskiet het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa