TV Plus (Afrikaans)

Will & Grace

-

Seisoen 9 M-Net (*101) 19:30 Komedie

Megan Mullally noem haar karakter Karen Walker in die sitkom Will & Grace (1998-nou) “die gekste mens op aarde. Sy’s ryk, maar werk steeds as ’n assistent. Sy spoel haar mond met ’n Gin & Tonic uit ná sy haar tande geborsel het. En wie praat met so ’n hoë stemmetjie? Niemand nie! Jy moet so baie pille soos Karen sluk net om haar te kan verduur.” Maar Megan beklemtoon sy sou haar rol vir niks verruil nie.

“Karen is wonderlik,” verduideli­k Megan. “Sy is oordramati­es, ’n diva, maak ’n bohaai oor alles – dis soos die koningin van Engeland sonder ’n tiara en met ’n sopie in jou teekoppie.” Die 59-jarige aktrise het ’n graad in Engelse letterkund­e en geskiedeni­s aan die North Western-universite­it in Chicago verwerf, maar wou aktrise word ter ere van haar pa, Carter, wat in die 1950’s en 1960’s ’n kontrak by Paramount Pictures gehad het. Megan was eers met die talentagen­t Michael Katcher getroud, maar hulle is in 1996 ná vier jaar geskei. In 2003 het sy afgehaak met die akteur Nick Offer

man (Ron Swanson in die komedie Parks & Recreation, 2009-2015). Hul boek The Greatest Love Story Ever Told het pas verskyn – dit vertel hoe hulle verlief geraak het en bevat ook huwelikswe­nke. Megan praat heeltemal anders as die skril Karen: “Ek is lakonies en gebruik gewoonlik min woorde. Anders as die oordadige Karen!” En terwyl jy nooit die aansteller­ige Karen in ’n country-kroeg sal aantref nie, is Megan mal daaroor. Dis waar sy leer sing het – sy is die sangeres van die country-rockband Supreme Music Program.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa