TV Plus (Afrikaans)

Little Big Shots

-

Seisoen 3 M-Net-dek/sat (*101) 16:00/17:00 Realiteit

Hoe kleiner die deelnemer, hoe groter die talent in die realiteits­program Little Big Shots (2016-nou). Die kinderdeel­nemers bekoor selfs die aanbieder Steve Harvey, wat gedink het hy’t al alles in sy loopbaan van 40 jaar in die vermaakbed­ryf gesien. “Ek en ’n bekkige knapie het ’n gesprek van 42 minute gevoer. Seker die vermaaklik­ste 42 minute in my lewe. En ons het in twee verskillen­de tale gepraat.” Wat moet kykers nog van die besonderse program weet?

Steve is meer as die aanbieder – hy is ook die medeskeppe­r en uitvoerend­e vervaardig­er saam met die kletskonin­gin Ellen

DeGeneres (The Ellen DeGeneres Show, 2003-nou). “Ons het gesels en die idee gekry om American Idol (2002-nou) en Kids Say the Darndest Things (19951998) te kombineer,” vertel Steve. Dis die enigste program waarvoor Steve bereid is om LA toe te vlieg, want die deelnemers is so jonk en dis makliker vir hul ouers. Sy ander produksies is almal in Atlanta, waar hy woon. Die enigste vereiste is die kinders moet 12 jaar of jonger wees. Die meeste ander talentprog­ramme aanvaar net deelnemers van 13 jaar of ouer. Dis ná net vier episodes vir ’n tweede seisoen hernu – die kykertal per episode was 16 miljoen, en word net deur The Voice (2011-nou) oortref. Daar is 16 internasio­nale weergawes en die 2017-splinterre­eks Little Big Shots: Forever Young met senior burgers. Hoekom is Steve so sprakeloos? Want hy ontmoet sy gaste eers as hulle op sy bank kom sit, en hy sien nes die gehoor dan eers hul talent.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa