TV Plus (Afrikaans)

Pokémon: Sun & Moon Ultra

-

Seisoen 21 e.tv (*194) 15:30 Animasie

Baie min TV-programme haal 21 seisoene, maar dis net die begin vir die Japanse animasiere­eks Pokémon (1997-nou). Daar is ook 21 animasiefl­ieks, handelswar­e wat van pantoffels tot speelkaart­e insluit, en ’n jaarlikse omset van $2,1 biljoen (R31 biljoen). En om te dink dit het alles met ’n videospele­tjie begin.

Pokémon was aanvanklik ’n paar videospele­tjies wat in 1995 geskep is vir Nintendo se Game Boy-handkonsol­e, maar die kopiereg en handelsmer­k word nou gedeel deur drie videospele­tjiesmaats­kappye: Game Freak, Creatures en Nintendo. Elke seisoen het ’n ander titel, wat ooreenstem met die videospele­tjie wat in daardie tyd uitgereik word. Dit speel ook af in verskillen­de wêrelde, met nuwe Pokémon-monsters asook ander elemente soos die temaliedji­e. Daar is meer as 1 000 episodes in die Pokémon-reeks, met 47 daarvan in die Sun & Moon Ultra-seisoen. Ses episodes is nog nooit buite Japan uitgesaai nie weens inhoud soos rook. Die Pokémon-skepper Satoshi Tajiri se rykdom word op $5 biljoen (R73 biljoen) geraam, hoewel dit nie net hiervoor is nie – hy het ook aan Nintendo se handelsmer­k Super Mario gewerk. Sun & Moon Ultra is een seisoen, maar daar is drie videospele­tjies – Sun, Moon en Ultra Adventures. Dis omdat Satoshi soveel bywerkings by die storielyne gehad het, dit was te moeilik om alles by een uitreiking in te sluit. Daar’s twee groot verskille in seisoen 21: die storielyne vir die hoofkarakt­er Ash is korter, en hy en sy Pokémonste­rs verwerf nie meer gevegsmeda­ljes tydens hul reis nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa