TV Plus (Afrikaans)

’n Intieme bruilofsfe­es

Mrs. J en Ronald beloof ewige trou aan mekaar.

-

Die liefde wat Mrs. J (Theresa Sedras) en Ronald (Ivan Abrahams) vir mekaar voel, is besonders. Hulle is so dankbaar vir die kameraadsk­ap op hul gevorderde ouderdom dat nie eens Ronald se alzheimers- diagnose in hul pad gaan staan om te trou nie. Maar soos altyd in sepieland is daar ongelukkig­heid en troebel verhouding­s wat die paadjie na die kansel bemoeilik.

NIKS GAAN TUSSEN HULLE KOM NIE

Pastoor Ronald het in Oktober van sy vergeetsie­kte uitgevind. Saam met die skok het blyke van ondersteun­ing ingestroom. Veral sy kleinseun, dr. Siya (Gantane Kush), is besorg oor sy oupa se toekomspad en sê op Woensdag 7 November vir Mrs. J hy sal haar nie kwalik neem as sy die komende troue wil afstel nie. “Siya besef die druk van Ronald se siekte kan dalk sy tol van Mrs. J eis,” verduideli­k Theresa.

Siya waarsku haar dinge met Ronnie – wat al klaar ’n paar onsamehang­ende episodes gehad het – gaan net moeili- ker raak en niemand gaan haar kwalik neem as sy nie kans sien daarvoor nie. “Maar vir Mrs. J gaan die troue nie oor pligsbesef nie. Sy is lief vir Ronald en sy trou nie met hom omdat sy hom jammer kry nie. Sy en Ronald is vir mekaar bedoel en sy alzheimers gaan nie tussen hulle kom nie,” voeg Theresa by.

DIE REGTE DING OM TE DOEN? Bridgette

(Denise Newman), Mrs. J se oudste dogter, besoek haar op Donder- dag 8 November en praat ernstig met haar ma oor haar besluit om te trou. “Bridgette lewer ’n pleidooi,” sê Theresa. “Sy is nie seker of dit die regte ding is vir Mrs. J om met die troue voort te gaan nie. Bridgette het net die beste bedoelings, want sy is besorg oor haar ma se welstand. Ronald se siekte gaan groot druk op haar ma plaas, en wie weet hoe dit dalk Mrs. J se eie gesondheid kan benadeel.”

Mrs. J is ontsteld ná Siya en Bridgette se besoeke wat haar kop deurmekaar­krap, maar gelukkig is Mrs.

J se beste vriendin My

moena (Jill Levenberg) op Vrydag 9 November daar om raad en ondersteun­ing te bied. “Bridgette se pessimisme oor die troue is ’n bitter pil vir Mrs. J om te sluk. Dit maak haar seer dat haar oudste dogter dink die troue is ’n fout. Maar Mymoena bied troos en praat Mrs. J moed in om voort te gaan met die troue,” sê Theresa.

Later die dag hoor Ronald ook van Bridgette se bedenkinge. Ivan sê Ronald verstaan hoekom sy twyfel. “Maar hy pleit steeds by Bridgette om eerder haar ma se besluit om met hom te trou, te ondersteun. Hy weet hoe belangrik dit vir Mrs. J is,” voeg Ivan by. Maar Bridgette hou voet by stuk en sê reguit vir Ronald sy siekte gaan haar ma uiteindeli­k benadeel.

DAAR IS HOOP

Ná die naweek, op Maandag 12 November, besluit Bridgette sy kan nie in die pad van die twee se geluk staan nie, en as ’n vredesgeba­ar verras sy Mrs. J en Ronald met ’n intieme troue en onthaal by haar huis. “Aanvanklik dink Mrs. J Bridgette gaan net weer vir haar preek toe sy die oggend by haar huis opdaag,” sê Theresa, maar toe Mrs. J hoor wat Bridgette gaan doen is sy uit die veld geslaan. “Bridgette sê ook sy oorweeg dit nie eens om nié daar te wees vir haar ma op haar troudag nie, wat Mrs. J diep raak.”

Die troue is ’n groot sukses met al Mrs. J en Ronald se vriende en familie wat in hul geluk deel. “Mrs. J is oorbluf en dankbaar dat sy haar nuwe getroude lewe met vrede in haar hart kan ingaan – wetend dat Bridgette haar nou ondersteun,” sê Theresa.

VAT DINGE DAG VIR DAG

Dinge kon nie beter vir die pasgetroud­es uitgedraai het nie, maar die struikelbl­okke van Ronald se siekte steek al op Woensdag 14 November sy kop uit. “Ronald sukkel om aan te pas in Mrs. J se huis waar hy nou bly,” sê Ivan. “Hy weet nie waar die goed is nie. Dit frustreer hom en hy raak baie kwaad vir homself daaroor. Eintlik plaas hy te veel druk op homself, Al wat Ronald moet doen, is om dinge dag vir dag aan te pak,” meen Ivan. Nou hoop ons net Ronald onthou sy geliefde Sharleen (Mrs. J) en dat hulle wel huweliksge­luk sal ervaar.

 ??  ?? Ronald kan sy oë nie van sy bruid Mrs. J af hou nie.
Ronald kan sy oë nie van sy bruid Mrs. J af hou nie.
 ??  ?? Mrs. J en Ronald lê hul huweliksbe­loftes af.
Mrs. J en Ronald lê hul huweliksbe­loftes af.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ty gee spesiaal vir Mrs. J haar ruiker blomme.
Ty gee spesiaal vir Mrs. J haar ruiker blomme.
 ??  ?? Die paar sit die ringe aan mekaar se vinger.
Die paar sit die ringe aan mekaar se vinger.
 ??  ?? Zoe trek Ronald se das reg voor die seremonie.
Zoe trek Ronald se das reg voor die seremonie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa