TV Plus (Afrikaans)

Gyselaarsd­rama

Die Hillside- gemeenskap is vasgevang in die Haven se kloue.

-

Die hele Hillside is paniekbeva­nge – mense word aangehou terwyl soldate met ammunisie bewapen hulle dreig dat een verkeerde beweging ’n bom sal laat ontplof. ’n Handgranaa­t gaan af en twee mense word byna vermink. Dit lyk of daar net een persoon is wat die gyseldrama tot ’n einde kan bring: Hilda (Annelisa Weiland) W – dis nou as sy gaan saamwerk . . .

FANATIESE FRANCOIS

Die Haven-kultusleie­r, Francois ( (Chris van Niekerk) – wat jare g gelede in Hillside gebly het – het die Laners net waar hy hulle wil hê. Sy soldate het verskeie mense op Donderdag 1 November g gyselaar geneem in B Bruynwaves, die Stasie S Ses-restaurant, die klub e en die Beleef- deli, met die doel om hulle tot inkeer te bring: Hulle moet ophou om enige tegnologie te gebruik en soos die Haven-gemeenskap leef, óf . . . Nadat Francois se vrou Susan (nie op skerm gesien nie) in ’n brand dood is wat deur ’n elektriese kombers veroorsaak is, glo die ou Krokodil tegnologie vermoor mense. Hy wil die hele land sover kry om op te hou om enige vorm van tegnologie te gebruik en sy eerste stap is om Hillside te “reinig”. “Hy is fanaties oortuig die Hillsiders sal mettertyd glo tegnologie is ’n euwel en hulle gaan hom volg. En niemand gaan hom keer nie,” sê Chris.

Al word Beleef gebruik as die hoofkwarti­er van waar Francois en sy stiefdogte­r, Suna (Anelle Bester), sowel as die ander Haven-leiers die operasie bestuur, is dit in Xander (Theo Jantjies) se kantoor

net bo Bruynwaves waar die eerste onderonsie op Vrydag 2 November plaasvind.

Xander val een van die soldate wat hulle aanhou aan. ’n Gestoei ontstaan en ’n handgranaa­t ontplof wat Xander en Connie (Quinne Brown Huffman), die boetiekbes­tuurder, ernstig beseer. Veral Connie verloor baie bloed ná die ontploffin­g wat byna in haar gesig was.

MAG EN MEER MAG

Francois weier dat Xander en Connie vrygelaat word sodat hulle behandel kan word en daar word vir Connie se lewe gevrees. Chris verduideli­k Francois glo as hy hulle laat gaan, sal hy beheer oor die situasie verloor. “Hy is magsbehep en sal eerder toelaat dat Xander en Connie sterf, en so die Hillsiders laat glo dis omdat hulle tegnologie gehad het dat hulle hul lewe verloor het.”

Intussen werk die polisie aan planne saam met lede van die Welman-familie –

Alexa en Mariaan (Carina Nel en Deirdre Wolhuter) en Hilda – wat nog op vrye voet is – om van die ander te bevry.

Hilda kan op Vrydag 2 November nie haar oë glo nie wanneer die polisie vir haar beeldmater­iaal wys van wie agter die gevaarlike situasie sit. “Hilda ken Francois van die dae toe hy die Oppiekoffi­e- eienaar was,” sê Annelisa. “Maar die man op die video is soos ’n vreemdelin­g, en sy wonder wat skeefgeloo­p het dat hy sy varkies so kon verloor.”

EEN MENS DIE SLEUTEL

Xander kry uiteindeli­k op Maandag 5 November hulp van dr. Fikani (Nicholas Nkuna) by die Hillside- kliniek wat sy wonde behandel. Maar Connie word steeds aangehou en bloei onophoudel­ik. (Annelize van der RystHattin­gh) probeer Connie met haar beperkte mediese kennis help, maar Connie moet dringend behandelin­g kry.

Charmaine ( Vinette Ebrahim), aan wie Francois destyds Oppiekoffi­e

verkoop het, probeer sin in sy kop praat en herinner hom hulle is ou vriende, maar ook sy dring nie tot Francois deur nie – tot sy Hilda se naam noem in ’n poging om hom aan hul verlede te herinner. “Francois het nog altyd ’n sagte plekkie vir Hilda gehad, en destyds was daar vele onderonsie­s tussen Francois en Hilda se eksman, (Pierre van Pletzen), want albei wou Hilda se hart wen. Wanneer Francois hoor Hilda is steeds daar, begin iets in hom broei b wat die hele situasie kan verand der,” vertel Chris. Francois laat weet v vir Charmaine hy sal Connie hulp laat kry op een voorwaarde: As hy weer vir Hilda, sy eerste g groot liefde, kan sien.

IEMAND IS VERSOT OP HILDA

Hilda besef sy moet die groot v verantwoor­delikheid op haar s skouers neem wanneer Charmaine op Dinsdag 6 Novemb ber vertel wat Francois wil hê. “Haar hart breek vir C Connie, en natuurlik stem s sy in om Francois te sien s sodat Connie mediese b behandelin­g kan kry,” v vertel Annelisa. Francois se volle aandag is by Hilda wanneer sy later dieselfde dag daar opdaag. Connie kan uiteindeli­k behandel word deur Fikani, wat skrik as hy sien hoe ernstig haar beserings is, en dis dalk te laat om al die skade te herstel.

Hilda begin op Woensdag 7 November besef Francois is versot op haar, maar sy is steeds verstom wanneer hy haar ’n belangrike vraag vra. Ons kan nie verklap wat dit is nie, maar ons is seker Francois wil haar vir sy eie gewin gebruik.

KOOKPUNT

Francois dink sy plan val in plek, en op Vrydag 9 November begin ’n spesiale seremonie. Die Hillsiders probeer terugveg, en teen Maandag 12 November is daar nog onthulling­s wat die situasie baie gevaarlik maak.

 ??  ?? André waak oor die ernstig beseerde Connie.
André waak oor die ernstig beseerde Connie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hilda oorweeg Francois se aanbod.
Hilda oorweeg Francois se aanbod.
 ??  ?? Die Haven-lede marsjeer na Hillside om die plek oor te neem.
Die Haven-lede marsjeer na Hillside om die plek oor te neem.
 ??  ?? Francois (in die middel by die tafel) hou van die Hillsiders in die klub gevange.
Francois (in die middel by die tafel) hou van die Hillsiders in die klub gevange.
 ??  ?? Regs op die foto kan gesien word hoe die Haven-lede aankom.
Regs op die foto kan gesien word hoe die Haven-lede aankom.
 ??  ?? Charmaine probeer sin in Francois se kop praat.
Charmaine probeer sin in Francois se kop praat.
 ??  ?? Die bom waarmee Francois die Hillsiders dreig.
Die bom waarmee Francois die Hillsiders dreig.
 ??  ?? Matrone
Matrone
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Francois laat almal in Hillside dieselfde klere as sy Havenlede aantrek.
Francois laat almal in Hillside dieselfde klere as sy Havenlede aantrek.
 ??  ?? Rickus besluit hy gaan Francois aanvat oor die gyselaarsd­rama.
Rickus besluit hy gaan Francois aanvat oor die gyselaarsd­rama.
 ??  ?? Connie is ernstig beseer in die ontploffin­g.
Connie is ernstig beseer in die ontploffin­g.
 ??  ?? Oubaas
Oubaas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa