TV Plus (Afrikaans)

Dis nou – of nooit

Letitia is al een wat Binneland en die siekes kan red.

-

Meer en meer mense word siek van die giftige patogeen wat die terrorisbr­oers Jonas (Jacques Gombault) en Esra (Francois Jacobs) in Binneland geplant het om dr. At Koster (Hans Strydom) af te pers. Die twee broers se eis is eenvoudig: óf hulle sink die Binneland-kliniek met bewyse van die 1 miljoen dollar wat At in Augustus onwettig as losprys betaal het om twee dokters uit die kloue van die terroriste in die Kongo te bevry, óf At spoor prof. Letitia Snyman (Rika Sennett) op om ’n giftiger patogeen vir hulle te ontwikkel.

Letitia het jare tevore in die ou politieke bedeling ’n patogeen vir die weermag vir moontlike oorlogvoer­ing ontwikkel, en At het uitgevind hoe dodelik die patogeen is. Hy het haar by die mediese raad aangegee en sy het haar werk verloor – iets waarvoor sy At steeds verkwalik.

TEENMIDDEL NODIG

Terwyl die broers ’n dodeliker patogeen soek om vir oorlogvoer­ing te gebruik of ten duurste aan terroriste te verkwansel, het At Letitia se hulp nodig om die patogeen-stam wat in sy hospitaal uitgebreek het, te identifise­er en ’n teenmiddel te ontwikkel – voor meer mense sterf of besmet word.

At en sy handlanger Piet (Deon Coetzee) gaan op Vrydag 9 November na Letitia se plaas waar sy in afsonderin­g woon. Wanneer hy aan haar deur klop, wil sy nie oopmaak nie en At los ’n tas met dokumente op haar voorstoep. “At kruip in die tuin weg en sien dan hoe sy die tas gaan haal,” vertel Rika. Die volgende dag bel Letitia vir At en sê sy is bereid om die stam te identifise­er, maar sy het bloed- en spoegmonst­ers van die besmettes nodig. “Sy willig in, want sy besef mense se lewe is op die spel en sy het die kundigheid om hulle te red.”

NINA WORD SIEK

Omdat slegs die raadslede van Jonas se afpersing en At se verbinteni­s met Letitia weet, moet At ’n liegstorie vir Tertius (Reynhardt Hugo) vertel oor waarom hy die monsters nodig het. En dan kry At slegte nuus: sy kleinkind Nina (Le-Anche van den Berg), Tertius se dogter, ontwikkel op Vrydag 9 November ’n hoë koors en word in die Bin- neland-kliniek opgeneem. Dit lyk asof Nina ook deur die patogeen besmet is.

Letitia bevestig die patogeen is ’n duplikasie van wat sy destyds ontwikkel het, en op Maandag 12 November vra At vir Annelize (Cindy Swanepoel) om Letitia namens hom te gaan spreek om Jonas op ’n dwaalspoor te bring. “Annelize vra Letitia om onmiddelli­k ’n teenmiddel te ontwikkel,” vertel Rika. “Letitia besef sy het destyds ’n monster geskep en dit motiveer haar.”

NUWE SLINKSE PLANNE

Jonas is gefrustree­rd omdat At hulle nog nie na Letitia gelei het nie. At het Jonas juis ontduik toe hy op Vrydag 9 November na Letitia se plaas gery het. Jonas, wat hom as Cronjé aan Tertius en die res van die personeel voorgedoen het en wie se werkers self in isolasie in Binneland lê, bel Tertius op Woensdag 14 November in die hoop om meer inligting oor At se vordering te kry.

Jonas sê daar’s wel ’n teenmiddel vir die patogeen. “Dan vertel Jonas vir Tertius At en Letitia het ’n verbinteni­s. Dit maak Tertius angsbevang­e en hy vermoed daar is ’n slang in die gras,” vertel Jacques.

Letitia spook steeds met die teenmiddel, tot Annelize op Donderdag 15 November vir haar mediese verslae gee en alles in plek val. Sy weet sy werk teen tyd om lewens te red – veral klein Nina s’n.

 ??  ?? Tertius, Jonas en Esra plaas druk op Letitia (inlas) om die patogeen-stam te identifise­er en ’n teenmiddel te ontwikkel. Jonas en Esra is aan Letitia se genade uitgelewer.
Tertius, Jonas en Esra plaas druk op Letitia (inlas) om die patogeen-stam te identifise­er en ’n teenmiddel te ontwikkel. Jonas en Esra is aan Letitia se genade uitgelewer.
 ??  ?? Piet en At verkeer in lewensgeva­ar wanneer Esra hulle wil skiet.
Piet en At verkeer in lewensgeva­ar wanneer Esra hulle wil skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa