TV Plus (Afrikaans)

Genade of verlossing?

Mercia se donker verlede haal haar in.

-

Louis Koster (Germandt Geldenhuys) se ma, Mercia (Susan Coetzer), stel haar seun weer in die verleenthe­id. Die stof het skaars gaan lê oor die dagga-olie wat sy vir Wimpie (Paul Lückhoff) gegee en tot groot konsternas­ie gelei het, of daar is nuwe drama. Skokfeite oor Mercia se werksaamhe­de in Brittanje kom aan die lig en Louis wil sy kop in skaamte laat sak, want dit blyk sy ma het iemand vermoor . . .

AGTERDOG

Mercia, wat geldelik in die knyp is, het die vorige week vir die pos van assistent-matrone by Binneland aansoek gedoen, maar sy het haar laaste werkplek in Brittanje op haar aansoekvor­m verswyg. Naomi (Je-ani Swiegelaar), wat om dieselfde pos aansoek gedoen het, het onraad vermoed en vir haar kêrel Louis vertel sy ma steek iets weg. “Louis bel die vorige instansie waar sy ma verpleeg het,” vertel Germandt. Op Woensdag 7 November vertel ’n personeell­id van die oorsese kliniek aan hom Mercia het die laaste pasiënt wat sterwend was vermoor.

TWYFEL EN SKOK

Louis betwyfel eers die verdoemend­e aantyging teen sy ma. “Maar wanneer hy haar die volgende dag konfrontee­r, erken Mercia sy het gehelp om genadedood toe te pas,” vertel Germandt. “Sy vertel vir Louis die sterwende man se vrou het haar gesmeek om hom van sy lyding te verlos.”

“Mercia beskou haar daad nie as moord nie – sy voel sy het bloot gehelp om ’n einde aan die persoon se lyding te maak,” voeg Susan by. Louis vra sy ma op Donderdag 8 November of sy weer so iets sal doen, maar Mercia beloof hom sy sal dit nie eens oorweeg nie.

Al het Mercia op Maandag 12 November ’n openhartig­e gesprek met Louis oor die sensitiewe en etiese aangeleent­heid, wonder Louis “hoeveel keer sy ma al genadedood toegepas het”, vertel Germandt. Hy vertrou sy ma skielik glad nie en krap ywerig in haar verlede rond – net om nog skokfeite oop te vlek.

 ??  ?? Louis konfrontee­r sy ma, Mercia, oor haar dade in die verlede.
Louis konfrontee­r sy ma, Mercia, oor haar dade in die verlede.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa