TV Plus (Afrikaans)

Familiegeh­eime

MaNgcobo se niggie Diniwe daag op om munt te slaan uit gevaarlike inligting.

-

Uzalo-kykers sal baie meer opgewonde as MaNgcobo (Dawn Thandeka King) wees om Diniwe (Phindile Gwala, Muvhango se eertydse Nonny, 2012-2017) in KwaMashu te sien. Ons herken ’n bekende sepie-aktrise, maar vir MaNgcobo beteken haar niggie net moeilikhei­d. Diniwe weet heeltemal te veel van die geraamtes in MaNgcobo se kas, en sy’s hier om ’n beroering te veroorsaak. “Sy weet van MaNgcobo se vuil wasgoed wat haar huwelik met Nkunzi (Masoja Msiza) in die gedrang kan bring,” sê Phindile. “Haar aankoms op Donderdag 15 November is nie juis ’n gelukkige oomblik nie! MaNgcobo en haar man hou nie van haar nie, maar dit skeel Diniwe min.”

BLOEDSUIER-BLOEDBANDE

Diniwe het nie gekom om oor ’n koppie tee deur die familie se foto-albums te blaai nie. “Wat vir haar saak maak is geld [tot haar voordeel, natuurlik], dus gee sy nie om hoe MaNgcobo haar aankyk of behandel nie. Sy ken MaNgcobo en weet reeds met wie sy te doen het,” onthul Phindile. “Diniwe kom nie juis goed oor die weg met van haar familieled­e nie, insluitend haar tweelingsu­ster Lady

Die (gespeel deur Khanyi Mbau) en MaNgcobo. Vir Diniwe gaan dit oor: ‘Hoe kan ek hieruit of uit daardie saak voordeel trek?’ En dis ’n ingesteldh­eid wat onmin in Nkunzi se getroude lewe met MaNgcobo kan veroorsaak.” Die effens getikte niggie is hier met een doel voor oë: om ’n sappige geheim in harde kontant om te sit. “Sy ken ’n geheim oor MaNgcobo se geldsake en dis haar wapen,” verklap Phindile. “Diniwe is die soort mens wat altyd kry wat sy wil hê. Een van haar beste strategieë is dreigement­e.” Dit duur ook nie lank nie voor sy die skroewe begin aandraai – sy het MaNcgobo heeltemal op hol op Maandag 19 November.

 ??  ?? Diniwe (links) lyk vol grappies, maar sy is op ’n missie en dit gaan MaNgcobo duur te staan kom. Die aktrise Phindile se Muvhangoka­rakter was stemmiger.
Diniwe (links) lyk vol grappies, maar sy is op ’n missie en dit gaan MaNgcobo duur te staan kom. Die aktrise Phindile se Muvhangoka­rakter was stemmiger.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa