TV Plus (Afrikaans)

Vinkel en koljander

Futhi gryp na haar oomblik in die kollig deur te maak of sy haar niggie Zakithi is.

-

Imbewu-kykers het gedink hulle sien dubbeld toe hulle die eerste keer kennis maak met die werklike tweeling Nokwanda en Nokubonga Khuzwayo, wat onderskeid­elik die niggies Futhi en Zakithi Bhengu speel. Maar noudat ons die waarheid weet, gaan die sepie truuks uithaal wanneer die universite­itstudent Futhi op Vrydag 16 November aangesien word vir haar ambisieuse korporatie­we niggie Zakithi. En in haar ondeunde bui besluit Futhi op Maandag 19 November om ’n bietjie pret te hê omdat hulle so eenders lyk. “Die kreatiewe span het die moontlikhe­id van ’n lekker storie raakgesien, en ek hou daarvan,” sê Nokwanda.

REIK NA DIE STERRE

“Futhi wou nog altyd meer in die lewe wees as ’n meisie van eMakhaya, wat in die Swenka-kompetisie begin en toe by Umsamo sing. Sy wil weet hoe dit voel om gehoor te word, belangrik te wees, om iewers te behoort en aanvaar te word en nie onsigbaar te wees nie. Zakithi word gerespekte­er en geniet aansien. Futhi wil ook so wees, maar sy wil nie moeilikhei­d veroorsaak nie. . . en sy kom amper daarmee weg,” lag Nokwanda. Maar die maskerade kom helaas op Dinsdag 20 November tot ’n einde wanneer Fithu se streke skande maak en haar in die koerante laat beland! “Wanneer haar dronk gesig oral in die poniekoera­nte pryk en almal dink dis haar niggie, besef sy sy’t waarskynli­k haar niggie se reputasie groot skade berokken,” waarsku Nokwanda. Oeps! Ons wonder hoe die neus-indie-lug Zakithi die jongste Bhengu-katastrofe gaan beredder.

WIE IS WIE?

Met haar karakter Futhi wat skielik maak of sy Zakithi is, het Nokwanda haar nie bloot tot haar tweelingsu­s gewend vir wenke nie. “Ek wou Nokubonga nie te veel betrek nie, want my karakter moes self uitpluis hoe haar niggie sou optree. Ons het daaroor gepraat, maar dit nie juis bespreek nie. Ek moes net my fokus meer na Zakithi verskuif,” sê Nokwanda.

 ??  ?? Futhi gee haarself ’n woeste knip hier en daar.
Futhi gee haarself ’n woeste knip hier en daar.
 ??  ?? En siedaar, in ’n kits word Futhi Zakithi.
En siedaar, in ’n kits word Futhi Zakithi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa