TV Plus (Afrikaans)

’n Oog vir ’n oog

Nina word blind en verloor haar sjebien wanneer Lincoln uitvind sy sit agter sy mediese probleme.

-

Nina (Khabonina Qubeka) is nie gewoond daaraan om die underdog te wees nie, daarom maak haar sangoma Dlangamand

la (Keneilwe Matizze) se visioen en waarskuwin­g op Dinsdag 13 November haar bekommerd. Haar vyand Lincoln (Lindani Nkosi) gaan haar terugkry. “Vir die eerste keer is Nina op hol en onseker van haarself,” sê Khabonina. “Sy het in Oktober toorkuns ingespan om Lincoln te laat blind word as deel van hul voortduren­de oorlog. Nou wil hy wraak neem en gaan haar aanval – sy weet net nie waar, wanneer of hoe nie.” Nina hoef nie lank te wag nie voor sy uitvind Lincoln gaan haar in eie munt terugbetaa­l ná hy sy sangoma geraadplee­g het op Woensdag 14 November, verduideli­k Khabonina. “Selfs voor hy Gatanga (Amos Ketlele) vra om sy sig te herstel eis Lincoln dat Nina voor die gemeenskap ontmasker word. Hy wil haar in die tronk hê, waar sy hom om vergifnis moet smeek.”

ELLENDE

Wanneer Nina op Woensdag 14 Oktober wakker word is sy blind. “Sy raak histeries. Dit het net gebeur – boem, in ’n oogwink,” sê Khabonina. “By Dlangamand­la vind Nina uit haar sangoma kan niks vir haar doen nie.” Die sangoma vertel Nina Lincoln het haar toorkuns omgekeer en omdat hulle die eerste klip gegooi het, kan dit nie weer omgekeer word nie. “Nina se assistent Cebisa (Nasiphi Ntabeni) help haar oor die weg kom, maar vir Nina kon dit nie op ’n slegter tyd gebeur het nie, sê die aktrise. “Sy veg om die sjebien aan die gang te hou ná gerugte in Oktober dat dit geteister word deur die gees van Hector (Shepherd Sibisi), die gangster wat Nina in 2016 vermoor en onder die verhoog begrawe het. Sy verdien nie genoeg geld nie. Haar rekenings hoop op en haar kliënte het haar versaak.”

OLIE OP DIE VUUR

Maar Lincoln se lus vir bloed is nie geles nie en op Vrydag 16 November vertel hy vir die mynwerkers Nina is ’n heks en het hom probeer doodmaak. Die myners steek die sjebien aan die brand met Nina binne-in. “Daar is vlamme oral, wat haar vaskeer,” verduideli­k Khabonina. “Maar al help Dlangamand­la haar na veiligheid, arresteer die polisie Nina, want hulle het Hector se moordsaak heropen en sy’s ook in die moeilikhei­d omdat sy toorkuns gebruik het.” Die blinde Nina wat in die tronk huil sal ’n treurige gesig wees. En al kan sy nie sien nie, sal Nina insig kry oor wat sy moet doen om haar oë te red: Lincoln om verskoning vra.

 ??  ?? Nina moet noodgedwon­ge voel-voel deur die lewe gaan wanneer Lincoln haar sig steel.
Nina moet noodgedwon­ge voel-voel deur die lewe gaan wanneer Lincoln haar sig steel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa