TV Plus (Afrikaans)

Bekende gesigte

Vyf aankomelin­ge beloof oorgenoeg drama in Salem.

-

Dit lyk of ’n ou gunsteling of nuwe gesig in Salem opdaag vir elke karakter wat gewetenloo­s deur die dasmoorden­aar afgemaai word. En elkeen het ’n agenda . . .

JOEY JOHNSON

Joey (James Lastovic) het op Woensdag 24 Oktober teruggekee­r en hy het mooi grootgewor­d. Ironies genoeg het die advertensi­e vir die rol gelui: “’n Aantreklik­e 16-jarige Kaukasiese ou wat worstel met kwessies rondom gegriefdhe­id en verlating.” Verwag ’n jonger weergawe van die ou Patch. “Joey sal

Patch (Stephen Nichols) die ‘rebel’ ’n bietjie van sy eie medisyne gee!” sê Days se uitvoerend­e vervaardig­er, Ken Corday. Maar al wat Joey eintlik wil hê is dat sy pa en sy ma weer saam sal wees.

GABI HERNANDEZ

Gabi (Camila Banus), wat agter tralies is weens moord, kry welkome nuus op Dinsdag 13 November. “Gabi word vroeër uit die tronk vrygelaat en sy waardeer haar familie, haar broer en haar kind, en haar vriende en vryheid. Maar sy het iemand anders geword. Iets is binne Gabi aan die gebeur waarvan sy self nie eens bewus is nie, en dis die gevolg van die trauma om in ’n tronkomgew­ing saam met al die ongure karakters te moet oorleef,” waarsku Camila.

EDUARDO HERNANDEZ

Gabi se biologiese pa, Eduardo (A Martinez, Santa Barbara se Cruz Castillo, 1984-1993), daag op Woensdag 14 November op, maar dis nie om haar terug te verwelkom nie – hy is in Salem om te treur oor die dood van sy ander biologiese dogter deur die dasmoorden­aar. Sy plofbare reünie met haar ma beloof vuurwerke, en “sy regte agenda en geaardheid word goed verbloem”, sê A.

ANDRE DIMERA

In 2010 het Andre DiMera (Thaao Phenglis) sy eie lewensonde­rsteunings­masjien uitgeprop om iemand na sy moordenaar te laat lyk! Hy’t dus baie om te verduideli­k wanneer hy op Dinsdag 20 November terug is. “Dit blyk Andre is Stefano se seun [eerder as sy neef]. En hy is baie ontevrede oor die manier waarop sekere mense sy pa behandel,” verklap Thaao. “Daar is gille en skok en paniek dat Andre nog leef en mense wil hom opdons.”

LANI PRICE

Met die spul het Salem beslis meer polisieled­e nodig. Ons verwelkom speurder Lani Price (Sal Stowers, wenner van 2007 se seisoen 9 van America’s Next Top Model, 2003-nou) op Dinsdag 20 November. En ons groot scoop? Lani het ’n biologiese konneksie met ’n sekere Salem-polisievet­eraan . . .

 ??  ?? Salem word ál voller soos Days sy vere regskud vir die sepie se 50ste herdenking­stories.
Salem word ál voller soos Days sy vere regskud vir die sepie se 50ste herdenking­stories.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa