TV Plus (Afrikaans)

BOLD-BAKLEIERY

-

Familievet­es is deel van die sepie se DNS. “Dit hou die drama aan die gang,” verduideli­k Bold se skepper, Bradley Bell. En die meeste van die gevegte gaan oor vroue, veral tussen Eric (John McCook) en Ridge (toe gespeel deur Ronn Moss). Vanaf die eerste episode in 1987 wou Eric vir Brooke hê, maar sy was altyd verlief op sy seun Ridge, wat die familie groot hartseer besorg het. Selfs nou nog baklei die twee Forrester- casanovas steeds oor vroue – Ridge (nou Thorsten Kaye) het ’n affair met Eric se nuwe vrou Quinn (Rena Sofer) gehad, wat katgevegte veroorsaak het sedert hulle in Augustus uitgevang is. Eric se ander seun,

Thorne (toe gespeel deur Winsor Harmon), het dit ook nie maklik gehad met sy pa nie. “Hy was die familie se underdog,” sê Winsor. “Ridge was lank Eric se gunsteling, dus kan jy jou die wrywing tussen Thorne en Eric en selfs teen Ridge voorstel.” Thorne was ook betrokke by Brooke, en hul 2002-troue het Eric en Ridge so ontstel, Thorne is onteien. Eric het sy tweede seun in 2004 by hul maatskappy Forrester Creations gedemoveer. Thorne het toe ’n model gehuur wat soos Eric se destydse vrou Donna (Jennifer Gareis) lyk om Eric te laat dink sy vrou het hom in 2008 verkul. Thorne het in 2016 by die familiebes­igheid bedank toe hy besef hy sal nooit Eric se guns wen nie. Maar die drama is nog nie verby nie – Thorne (nou Ingo Rademacher) is in Desember terug om “Ridge uit te daag vir Forrester Creations en Brooke. Hy’s moeg om Ridge se kleinboet te wees en vir Ridge se onderdrukk­ende bewind,” sê Brad.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa