TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Brooke en Ridge het ’n woordewiss­eling oor hul gevoelens van verraad jeens mekaar, en Ridge en Thorne het ’n broederlik­e kla-sessie oor die bose Bill. Katie oorweeg dit om die toesigoore­enkoms oor klein Will te verander ná Brooke haar vertel Ridge het die regter afgepers, en Wyatt bedank by Spencer Publicatio­ns sodat hy as sosialemed­ia-bestuurder saam met Sally by Forrester Creations kan werk. Steffy klik by Hope en Ridge oor Brooke en Bill wat soen, maar weet nie Brooke het hom later verwerp nie. Donna keer terug, en Charlie vra Pam uiteindeli­k die jawoord!

DAYS

Lucas kondig aan hy wil alleentoes­ig oor baba Bonnie hê, en Belle is in die middel vasgevang wanneer Mimi en Chloe se skoolterre­in-wedywering sy aaklige kop uitsteek. Rex Brady ( ja, een van die ruimtetwee­ling wat tydens die meteoorreë­n verskyn het – nou gespeel deur Kyle Lowder) is terug in Salem, en Claire konkel sodat sy Ben kan dwing om haar te help om Tripp en Ciara uitmekaar te dryf. Gabi probeer Chad sover kry om Abby na ’n inrigting te stuur, en Kristen besef Brady het haar doelbewus uitgevang om seks te hê as deel van ’n komplot teen haar. Elders gaan Sami en Eric in Xander se plek rondkrap net wanneer Nicole uit Xander se kloue ontsnap.

Y&R

Die Jabot-raad verwyder die klousule wat bepaal net biologiese Abbotts mag die maatskappy bestuur, en Ashley word as die maatskappy­baas ingestem. Dan vertel Ashley Jack ’n regte DNS-toets het bewys hy is wel John Abbott se biologiese seun – sy het Andrew net betaal om met die uitslag te peuter. Victoria, Phyllis en Sharon kry almal nuwe notas met die boodskap: “As jy nie wil hê enigiemand moet uitvind wat jy gedoen het nie, gaan dit jou kos.” En Billy vererg hom en los Summer om Phyllis terug te kry ná hy uit rehab ontslaan word.

 ??  ?? Charlie vra Pam oplaas om te trou!
Charlie vra Pam oplaas om te trou!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa