TV Plus (Afrikaans)

Almal het ’n storie

Die trefferree­ks Die Boekklub is terug op die kassie.

- Die Boekklub

Seisoen 2 Sondae kykNET & kie (*145) 20:00 (begin 18 November)

Die inwoners van die Karoodorpi­e Merweville is terug in die dramareeks Die Boekklub (2016-2017) om jou naweek op ’n hoogtepunt af te sluit. En niemand is meer opgewonde oor die uitsending op kykNET & kie nie as Armand Aucamp (31), wat die rol van die hoofkarakt­er Tom Niemand vertolk. “Die reeks is ’n wonderlike mengsel van die werklikhei­d en magiese realiteit,” sê hy. “Almal kan hulle vereenselw­ig met elke episode se boodskap. Elke karakter het iets waarmee ek persoonlik kan identifise­er, dus is dit vir my wonderlik om dit weer op TV te sien. Mense wat dit nog nie gesien het nie, moet beslis kyk!”

DIE STORIE TOT DUSVER

As jy eers die eerste seisoen wil kyk voor seisoen 2 se uitsending begin, gaan loer op die aanlynstro­omdiens Showmax. En as jy eerder dadelik seisoen 2 wil begin kyk, hier is ’n opsomming van die vorige seisoen:

Tom, ’n Kaapse dosent wat daarvan droom om ’n boek te skryf, erf sy ouma se gastehuis in Merweville saam met sy ouma se goeie vriendin

Sofia (June van Merch). Tom sal eers sy volle erfporsie kry as hy minstens ’n jaar op die dorpie bly. Die plek staan hom eers glad nie aan nie en hy wil met alle mag eerder sy erfporsie verbeur, maar die kleurryke inwoners kruip stadig in sy hart en hy raak by sy oorlede ouma se boekklub betrokke wat sy lewensuitk­yk verryk. Hy kry uiteindeli­k meer as net inspirasie vir sy boek. Hy vind ook liefde by Lillie (Christia Visser), die kleindogte­r van Anna

Uys (Jana Cilliers). Lillie het Merweville toe gekom om haar verkragtin­g in Rome, Italië, te verwerk. Hul verhouding vertroebel toe Lillie uitvind Tom het haar storie in sy boek gebruik, maar uiteindeli­k lyk dit of hul liefde wen. Hulle besluit aan die einde van die seisoen om hul verhouding voort te sit, al gaan Lillie Parys toe om haar fotografie-droom na te jaag.

WAARNA JY KAN UITSIEN

Daar is nuwe gesigte, ’n begrafnis, en sommer twee troues in seisoen 2. Lourens (De Klerk Oelofse), die nuwe speurder, arresteer Anna in episode 1 wanneer hy daggaplant­e in haar tuin ontdek. Kykers gaan lekker lag wanneer hy met Anna langs sy fiets aanstryk polisiesta­sie toe en wanneer hulle daar instap, laat die res van sy kollegas spaander. Anna, ’n kruiedokte­r, het ’n reputasie dat sy by die magiese betrokke is, en dit maak mense – veral die polisieman­ne – bang. Daar wag ook hartseer op Anna wanneer haar gelief- de man, Jan (Marcel van Heerden), skielik sterf en almal treur saam met haar op die begrafnis in episode 9 (13 Januarie 2019).

Hanli (Nicole Holm), ’n tuisteskep­per op ’n plaas net buite die dorp en lid van die boekklub, is verras wanneer haar dogter, Kara (Karli Heine), skielik in episode 2 (25 November) opdaag. Kara het opgeskop en wil haarself nou vind, maar sy dra ook ’n donkerte saam met haar.

Isabel (Tessa Denton) is ’n dokter wat op die dorp kom werk. Sy is die vervreemde dogter van die korrelkop-boervrou

Gertruida (Antoinette Kellerman) wat ons in dieselfde episode leer ken.

In episode 4 (9 Desember) gaan die dorpenaars feesvier wanneer die boer

Herman (Arno Marais) en sy argiteklie­fde Altus (Stian Bam) trou. (Altus is eers deur Louw Venter vertolk, maar Louw was nie beskikbaar vir seisoen 2 nie).

In episode 12 (3 Februarie 2019) is daar nog ’n troue, maar kyk self om te sien wie dan afhaak!

Al die drade word in seisoen 2 saamgevat, sê Armand. “Tom was agt maande lank deel van my lewe toe ons die reeks (in 2016 en 2017) verfilm het. Hy bly een van my gunsteling-karakters.”

 ??  ?? Tom vind homself in Merweville.
Tom vind homself in Merweville.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa