TV Plus (Afrikaans)

Wat die dokter voorgeskry­f het

John Kani en Rika Sennett dink terug aan die tyd toe hulle lewens gered het in die hospitaald­ramareeks Hillside.

-

Hillside Seisoen 1 Woensdae SABC2 (*192) 21:30

Nie alle superhelde dra skouermant­els nie. Die dokters en verpleegst­ers in die mediese drama Hillside (2006-2008) het drie jaar lank lewens gered in hul wit jasse en uniforms, en hoewel dit meer as ’n dekade is sedert die spelers na hul stetoskoop en skalpel gegryp het, saai SABC2 weer die halfuur lange episodes uit om ’n vinger op kykers se pols te hou. “Dis wonderlik dat mense ná 12 jaar steeds aanklank vind by die program,” sê John Kani, wat die rol van dr. Vincent Maloka, die kardioloog en hoof van die mediese instelling, vertolk. “Ek het in die middel 1960’s begin toneelspee­l en hierdie was, verrassend genoeg, my eerste rol op enige SABC-kanaal. Dit voel soos gister toe ons in die hospitaals­ale rondgeloop en karakters gespeel het wat hul gemeenskap help en lewens red,” voeg die gevierde akteur by, wat deesdae ’n groot deel van sy tyd in New York deurbring ná hy koning T’Chaka in die 2018-Marvel-superheldf­liek Black Panther was.

GELOOFWAAR­DIGE TONELE

Hillside is in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria verfilm. “Die ontwerpspa­n het die deel waar ons geskiet het opgeknap, maar dit het soos die ware Jakob gevoel omdat ons in dieselfde gebou as regte mediese personeel was,” onthou John. Die spelers het ook by dokters in die hospitaal kers opgesteek om seker te maak die tonele word geloofwaar­dig uitgebeeld. “Hulle was altyd gereed om met ons te gesels ná ’n dag se verfilming. Ons is soos A-lyssterre behandel en het altyd welkom gevoel,” sê die 75-jarige.

INTRIGES EN TERUGVOERI­NG

Hoewel die fokus van die meeste mediese reekse op die pasiënte en hul familie val, het Hillside verder gestrek na die personeel se storielyne, waar sterk verhouding­s en vriendskap­pe gevorm het. “Daar was ook liefdesver­hale en familievet­es. Die dokters en die verpleegst­ers het goed saamgewerk,” sê John. “My gunsteling­kinkel was toe dr. Phemelo ( Warona Seane) verlief geraak het op my getroude karakter, wat kykers teen haar laat draai het. Hulle sou in openbare plekke vir my kom sê hoe hulle opkyk na dr. Vincent wat haar op haar plek gesit en geweier het om ’n affair met haar te hê. Dit was altyd lekker om terugvoeri­ng en menings van die kykers te kry.”

AGTER DIE SKERMS

Rika Sennett het in seisoen 2 by die span aangesluit as die streng matrone Lydia, wat ’n oog oor die verpleegst­ers gehou en haar afdeling doeltreffe­nd bestuur het. “Sy was toegewyd en mal oor haar werk,” onthou die 66-jarige aktrise, wat ons deesdae in nog ’n plaaslike mediese drama sien, as Letitia in die kykNET-sepie Binnelande­rs (2005-nou, sien ble. 16-17). “Dit laat my terugdink aan die talentvoll­e en sterk span saam met wie ek gewerk het.” Rika het boonop haar man elke dag op die stel gesien, want James Borthwick het die twyfelagti­ge veiligheid­swag Thys gespeel. “Hoewel ons nie in dieselfde tonele was nie, het ek dit geniet wanneer ons saam stel toe moes gaan,” voeg sy by.

Hillside het sy helende kragte in 2007 getoon toe Rika die vervaardig­ers gevra het of hulle ’n klein rolletjie het vir haar vriend Erik Holm, wat ná ’n duikongelu­k verlam is. Binnelande­rs-fans het hom later as Rian leer ken, maar destyds was hy net ’n ekstra. “Hy was op die agtergrond, maar dit was goed om hom stadigaan na toneelspee­l te sien terugkeer ná sy ongeluk. Die program is vir almal bedoel, oor die grense van ras en klas en seksuele oriëntasie heen. Ons is tot vandag toe trots daarop,” sê Rika.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa