TV Plus (Afrikaans)

Op julle merke!

Die realiteits­kompetisie The Amazing Race stel die deelnemers se verhouding­s op die proef in seisoen 27.

-

The Amazing Race Seisoen 27 Maandae SABC3 (*193) 19:30 (begin 19 November)

As daar een ding is wat kykers van The Amazing Race (2001-nou) geniet, is dit om te sien hoe goed die twee deelnemers in elk van die elf spanne met mekaar oor die weg kom tydens hul resies oor die aardbol heen. Dit maak nie saak of hulle geblinddoe­k is tydens ’n uitdaging of hul weg deur ’n besige middestad moet vind nie, die emosionele reis is byna net so belangrik as die prysgeld van $1 miljoen (R14 miljoen) vir die wenspan. “In seisoen 27 is die deelnemers baie uiteenlope­nd,” sê die aanbieder, Phil Keoghan. Hy voeg by dis die eerste keer dat hulle sulke TVvriendel­ike spanne het by wie kykers ook aanklank sal vind. “Dit sal interessan­t wees om te sien hoe so ’n ondervindi­ng [reis deur die wêreld binne 21 dae met kameras wat jou volg] bestaande verhouding­s beïnvloed. The Amazing Race is eintlik net ’n verskoning om te sien hoe twee mense wat ’n verbinteni­s het, uitdagings aanpak. Dis moeilik maar kan ook pret wees,” skerts Phil. 1 #TheDancers Ernest (29) en Jin (26) is hiphop-danserbroe­rs wat oorgehaal is vir die resies. “Ons het Europa platgereis met danstoere, dus weet ons hoe om heeltyd aan die gang te wees,” sê Ernest.

2 #TheReporte­rs Kelsey (25) en Joey (26) is nuusankera­anbieders wat uitgaan en reken hul voordeel bo die ander is hul vermoë om stres te hanteer weens hul druk werkomgewi­ng. “Niks kan ons van stryk bring nie,” sê Joey selfversek­erd.

3 #TeamTexas Die boesemvrie­nde Tanner (26) en Josh (28) is baie mededingen­d en sal tot hul voorkoms gebruik om ’n voorsprong te kry, erken Josh: “Ons is aantreklik en om alliansies met die meisies te vorm kan net help!”

4 #TheGreenTe­am Die verloofdes Justin (39) en Diana (30) het oor hul liefde vir die program by mekaar uitgekom. Justin se 2014huweli­ksaansoek was aanlyn en het ’n Amazing Race-tema gehad.

5 #TeamTMZ

Kelly (37) en Shevonne (31) neem ’n blaaskans van hul blogwerk by die vermaakweb­werf TMZ.com en Kelly draai nie doekies om nie: “Ons is reguit, genadeloos en kritiseer mense vir ’n lewe.”

6 #TeamAlabam­a Denise (51) en James (26) hoop The Race sal hul ma-seun-band help herstel. “Ons het ophou praat toe ek uit die kas geklim het,” erken James. “Hopelik kan die spanwerk ons help om mekaar beter te verstaan.”

7 #ThePaparaz­zi Chris (46) en Logan (36) weet hulle werk goed saam as ’n span, by die huis as ’n getroude paar sowel as in die werkplek – hulle is paparazzif­otograwe en is gewoond daaraan om van plek tot plek te jaag.

8 #TheCheerle­aders Die gesondheid­skonsultan­t Tiffany (28) en spraaktera­peut Krista (28) is vriendinne en flous mense met hul sexy voorkoms. “Ons was rasieleier­s, maar ons is uitgeslape,” sê Krista.

9 #ChacAttack Die dokters Cindy (36) en Rick (38) stel hul nuwe huwelik op die proef. Sy’s ’n tandarts en hy ’n verloskund­ige en Rick sê: “Ons wil sien hoe goed ons as ’n span kan saamwerk voor ons met ’n gesin begin.”

10 #TheTrackSt­ars Jazmine (23) en Danielle (23) is besties, kamermaats en adrenalien­verslaafde­s. Hul opponente moet in hul pasoppens wees, waarsku Jaz: “Ons is baie mededingen­d en was regdeur universite­it goeie atlete.”

11 #TheCousins Alex (22) en Adam (24) is kibbelende neefs wat hul humeur in toom wil leer hou. “Ons kan driftig raak in stresvolle situasies. Ek hoop ons gaan mekaar nie verskree nie,” bieg Alex.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa