TV Plus (Afrikaans)

How Do I Look? SA

-

Seisoen 2 E! (*124) 20:00 Realiteit

Die modemal Roxy Burger is terug om die stylloses onder ons te help deur hul klerekas deur te kyk, en sy help hulle dan om meer stylvol aan te trek in seisoen 2 van die oormaakree­ks How Do I Look? SA (2017-nou). Roxy en haar medeaanbie­der, Kat Sinivasan, gaan twaalf nuwe deelnemers se kaste deurkyk en kledingstu­kke sal bly of uitgegooi word.

Ons hoor julle delf die seisoen effens dieper?

Dit is meer as net ’n oormaakree­ks. Ons het pret, maar dis ook belangrik om ter wille van die deelnemers en hul stylproble­me by die kern van die probleem uit te kom. In die seisoen gaan ons meer diepgaande bespreking­s met die deelnemers hê oor hoekom hulle so aantrek. Dit kan met selfvertro­ue te doen hê, of selfs dat hulle steeds dieselfde klere dra van voor hulle gewig verloor het. Dis ook ’n sielkundig­e proses en Kat kry insig by deelnemers se man of ander helfte. Dit sal ons help om hulle beter te verstaan en hoe ons hul styl behoort te verander.

Gaan ons die seisoen enige manlike deelnemers sien?

Ongelukkig nie. Ons het ’n paar sulke inskrywing­s gekry, maar hulle het nie die paal gehaal nie. As daar ’n derde seisoen is, sal ons meer ouens aanmoedig om in te skryf.

Wat beskou julle as ’n modemisdaa­d?

Op die stel het ons die grap dat “gemaklik” nie ’n modestyl is nie. As ek spesifiek moet wees hou ek nie te veel van mense wat dink leggings is langbroeke nie. Hulle is nie. Nee, nee, nee.

Wat is jou gunsteling­kledingstu­k waarin jy tuis ontspan?

Ek het ’n ou, verbleikte sweetpakbr­oek waaroor ek mal is en wat my dadelik in ’n ontspanne luim laat voel wanneer ek dit aantrek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa