TV Plus (Afrikaans)

The Mindy Project

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

Xosha Roquemore is uitgeknip vir die rol van Mindy (Mindy Kaling) se nuwe bondgenoot, verpleegst­er Tamra, in die komedieree­ks The Mindy Project (2012-2017). “In die uiteensett­ing van die rol was die karakter se naam Xosha en dit is presies gespel soos my naam,” onthul sy. “Ek sing en vertel dinge, soos Tamra.” Ek weet nie hoe die skrywers dit van my geweet het nie; tog was dit so in die oorspronkl­ike uiteensett­ing.” Maar in die regte lewe, erken Xosha, is sy eintlik meer soos ’n Mindy: “Ek voel ek’s Mindy Lahiri in die regte lewe. Ek en haar karakter het ’n soortgelyk­e humorsin.”

Xosha se pa, die regisseur Cliff Roquemore, het eenkeer ’n toneelstuk van Shaka Zulu opgevoer en sy dogter na die Xhosa-stam (maar ’n paar letters is geskommel) genoem. Xosha het in 2007 gegradueer aan die Tisch School of the Arts aan NYU. Haar ma, Shay Wafer, is die besturende regisseur van die Cornerston­e Theatre Company. “Ek het met die kunste grootgewor­d. As ek nie toneelgesp­eel het nie sou ek iets soos ’n skerpskert­ser geword het. Ek sal vergaan as ek nie kan optree nie!” sê Xosha. Sy en Lakeith Stanfield (Atlanta se Darius, 2016-2018) se babaseun is in Junie 2017 gebore. Xosha het in haar kraamverlo­f weer na seisoen 3 se episodes (2015) gekyk waarin Mindy swanger was en haar baba op skerm gehad het. Xosha het ses weke ná die geboorte teruggekee­r om aan seisoen 6 (2017) te werk. Die 33-jarige aktrise is vreesbevan­ge vir voëls en sê: “Ek het ’n vlak-10- ornitofobi­e”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa