NCIS: Los Angeles
Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie
Die einde is in sig in NCIS: Los Angeles (2009-nou) vir die groentjie-agent Dominic Vial en vir Adam Jamal Craig, die akteur wat hom vertolk. Vanaand se episode begin met ’n kinkel oor drie episodes wat eindig met Dom wat ontvoer en gemartel word, en Adam was verras: “Ek het hoop vir die karakter gehad. Ek vermoed die vervaardigers het nie gehou van waarheen dit op pad was nie en hom laat gaan. Ek het die storielyn geniet, dit was ’n uitdaging vir die karakter, maar ekself was hartseer.”
Om sy werk te verloor het die 1 37-jarige laat besef toneelspeel is nie wat hy wil doen nie. Hy’t die vermaakbedryf ná vyf onafhanklike flieks gegroet en bestuur nou die IT-konsultasiemaatskappy HyperHerd Inc. in LA. Dit was nie oëverblindery toe sy 2 karakter met tegnologie doenig was nie: Adam is al van 12 ’n rekenaarfoendie en is blykbaar van die internetdiensverskaffer AOL se gebruikerslys verwyder vir onwettige kuberkrakery. Adam het sy graad in mediakom3 munikasie aan die Webster-universiteit in Missouri verwerf, maar begin toneelspeel toe hy nie werk kon kry nie. “Dit was taai. ’n Vriend het voorgestel ek probeer ’n akteur word en aan die begin het dit soos pret gevoel.” Hoewel hy erken hy’s nie goed in 4 sport nie – behalwe vir tennis – is Adam gek oor bofbal. Sy oom is die bofballegende Bob Gibson, wat Adam na die kleedkamers geneem het sodat hy handtekeninge kon kry. Adam het in 2016 laas iets op 5 Twitter geplaas, maar sy ander sosialemedia-rekenings soos Instagram is aktief, met video’s en foto’s van tegno-kongresse tot sy ander liefdes – musiek en dans.