TV Plus (Afrikaans)

Shameless

-

Seisoen 9 M-Net (*101) 22:00 Drama

Die meeste van die disfunksio­nele Gallaghers het grootgewor­d wanneer seisoen 9 van die dramedie Shameless (2011-nou) begin, maar hulle bly gomtorre. “Hulle doen steeds die verskrikli­kste goed om te oorleef,” verduideli­k die reeksskepp­er, John Wells. “Dis skokkend hoe hulle leef en wat hulle aanvang. Hulle is tangerige vasbyters.” Ons weet reeds Fiona en Ian (Emmy Rossum en Cameron Monaghan) gaan die einde van die seisoen weg, maar voor dit is daar oorgenoeg gek oomblikke . . .

1 Die pa Frank ( William H. Macy) word in episode 1 ontmasker as die bron van ’n seksueel oordraagba­re siekte onder die ma’s by Liam (Christian Isaiah) se privaat skool. Maar selfs dit is nie genoeg om ’n nou sober Lip (Jeremy Allen White) te oortuig die Gallaghers en ouerskap saam is ’ n ramp nie. Die jonger kinders vaar nie veel 2 beter nie – Ian (Cameron Monaghan) word gedwing om die gevolge van sy Gay Jesus-beweging te dra, en Debbie (Emma Kenney) eksperimen­teer met haar seksualite­it en gebruik feminisme as ’n verskoning om volwasse doeke werk toe te dra. Shameless vergoed 3 vir die verlies van Fiona en Ian met drie bekende TV-gesigte in nuwe rolle. Katey Sagal (Gemma Teller van die drama Sons Of Anarchy, 2008-2014) speel die gek pasiënt Ingrid, Bob Saget (Danny Tanner in Fuller House, 2016-nou) is die Katolieke priester Vader D’Amico, en

Courteney Cox (Monica in Friends, 1994-2004) is Lip se nuwe vriendin Jen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa