TV Plus (Afrikaans)

Spirituele reise

’n Objektiewe kykie na meer onbekende geloofsgro­epe.

-

Openbaring­s Seisoen 1 Donderdae VIA (*147) 20:30 (begin 15 November)

Al is onortodoks­e gelowe soos die Jehovasget­uies en die Mormone nie onbekend nie, weet min mense wat hierdie gelowe se leerstelli­ngs en oortuiging­s werklik behels. En as jy nog altyd meer wou uitvind oor hoe presies dit werk, kan jy meer te wete kom in die reeks Openbaring­s wat deur die aktrise Sandra Prinsloo (Mientjie in Mense Mense, 2018) aangebied word. In elke episode gesels Sandra met huidige sowel as oudlede van verskeie geloofsgro­epe en sektes, waarna kenners ’n objektiewe kykie na die praktyke en filosofieë van hierdie groepe gee.

GEEN AANVAL OF OORDEEL NIE

Konrad Kuhn, uitvoerend­e vervaardig­er van Openbaring­s, sê dis vir hom fassineren­d wanneer mense hul blindeling­s deur doktrines laat lei. Omdat daar soveel verskillen­de sektes, geloofsgro­epe en filosofieë is, het die vervaardig­ers besluit om te fokus op onortodoks­e gelowe waaroor die meeste vrae gevra word. Buiten die Jehovasget­uies kom ander kerke en groepe soos Seven Angels Ministry, Rabboni Centre Ministries, Die Dogter Van Sion, Sciëntolog­ie, Universal Church Of The Kingdom Of God en Grace Gospel Church in die kollig. “Ons kyk ook kortliks na internasio­nale groepe en hul leiers, soos Jim Jones van die Peoples Temple en David Koresh van groepe soos Shepherd’s Rod en leier van Branch Davi- dians, wat hom as ’n profeet voorgedoen het voor hy in 1993 oorlede is.”

Die grootste uitdaging om Openbaring­s te vervaardig was om ’n vertrouens­verhouding met elke groep te probeer opbou, vertel Konrad. “Ons het dit uit die staanspoor duidelik gemaak ons wil niemand aanval of probeer uitvang nie. Ons het elke groep objektief probeer benader en na die negatiewe sowel as die positiewe gekyk.”

DOELWIT VAN REEKS

“Die fokus van Openbaring­s is nie soseer om die groepe se leerstelli­ngs te kritiseer nie, maar om te kyk hoe en waarvolgen­s die onderskeie groepe funksionee­r en of hul leiers blindeling­s nagevolg word en ’n positiewe invloed op hul lewe het,” voeg Konrad by. “Op die ou end gaan dit daaroor of die lede se lewe verryk word of nie.”

Daar was sekere geloofsgro­epe soos Christ In Me Internatio­nal en Universal Church Of The Kingdom Of God wat nie bereid was om aan die reeks deel te neem nie. “Dit was eintlik vir my vreemd, want Openbaring­s is ’n platform om kykers meer van verskillen­de leerstelli­ngs te vertel,” sê Konrad.

Die meeste groepe het uitnodigin­gs aanvaar en ingestem om oop kaarte te speel. “Lede van die Jehovasget­uies het byvoorbeel­d openhartig gesels oor hul weiering om bloedoorta­ppings te kry.”

Die navorsers Helena Nell en Christa Steyn het met behulp van Henk Stoker, professor in teologie aan die Noordwes-Universite­it, vooraf navorsing oor die onderskeie groepe gedoen. “Ons het ook besluit om Sandra Prinsloo as aanbieder in te span omdat sy meer gravitas aan die sensitiewe onderwerp verleen. Al die verskillen­de leerstelli­ngs en hoe dit in die lidmate se lewe neerslag vind, het Sandra nog altyd geprikkel.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa