TV Plus (Afrikaans)

Ongewone plan

Die vervreemde paar Lena en Martin ruil weekliks die pligte vir hul kinders – en leer belangrike lewensless­e.

-

Splitting Up Together Seisoen 1 Woensdae M-Net (*101) 19:30 (begin 7 November)

Die vervreemde paartjie Lena (Jenna Fischer, The Office se geliefde Pam, 2005-2013) en Martin (Oliver Hudson, Scream Queens se Wes, 20152016) het ’n ongewone reëling: Hul drie kinders bly in die huis, terwyl ma en pa weekliks pligte ruil. Dit beteken een van hulle behartig ’n week lank die huishoudin­g terwyl die ander een ’n sorgelose enkelloper­lewe in die garage lei, en die volgende week ruil hulle om. Dis ’n reëling wat geleidelik onthul wat regtig met hul huwelik skeefgeloo­p het. “Die probleem vir Lena is nie noodwendig dat sy ’n beplanner is nie. Dis dat sy onwillig is om ander standpunte in ag te neem,” sê Jenna, en Oliver voeg by: “Jy kan nie planloos en apaties deur die lewe sweef nie. Jy het struktuur nodig, en dis ’n les wat hy by haar leer.” Dit klink na die tipiese sitkom-oorlog van perfeksion­is teenoor lamsak, maar dis eintlik leersaam . . .

DRIE WAARDEVOLL­E LESSE ONS, NIE EK NIE

In episode 1 kyk Martin na hul trouvideo en hy besef uiteindeli­k hoe selfsugtig hy in hul huwelik was. Vir hom het dit altyd oor homself gegaan, nie oor hulle twee as ’n span nie. Dit het beteken dat Lena ’n klomp prettige dinge prysgegee het wat lekker sou wees om te deel, soos om by hul troue te dans en saam na kunsuitsta­llings te gaan.

BEGRAWE DIE OU KOEIE

“Lena en Martin se verhouding het op die rotse beland omdat baie klein dingetjies met die jare onopgelos gebly het, wat tot honderde irritasies en griewe gelei het,” vertel Jenna. En die klein jakkalsies is soos zombies, altyd reg om uit die graf te herrys en mekaar in tye van woede te verslind. Ons kry ’n glimp van daardie zombiewoed­e in episode 4 tydens ’n woeste rusie in die kombuis.

WEES GAAF MET MEKAAR

Martin het nie ag geslaan op wat gedoen moet word nie buiten sy eie behoeftes, soos in episode 1 blyk wanneer hy sorgeloos gaan draf en sy al die huiswerk moet doen. Maar hoe reageer Lena wanneer hy ’n poging aanwend om te help? Telkens wanneer ons sien hoe Lena en Martin die ergste van mekaar se motiewe verwag, of krities is oor mekaar se pogings, verwelk die verhouding merkbaar. ’n Klein bietjie liefde sou baie gehelp het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa