TV Plus (Afrikaans)

Dans-kaperjolle

Wil jy graag jou passies begin uithaal? Die twee lomperds van Modern Family wys almal kan pret hê.

-

Modern Family Seisoen 9 Woensdag 14 November M-Net (*101) 19:00

“Ek was ’n bietjie senuagtig toe hulle vir my sê ek gaan ’n sweetpak, keps en goue ketting dra en hip-hopdanse doen,” bieg Eric Stonestree­t. Sy gay karakter Cam is gewoonlik oordramati­es en teatraal in die sitkom Modern Family (2009-nou), maar selfs die dansery is nie deel van sy repertoire nie. “Ek het dit nie in my nie, en ek is ’n akteur!” voeg Eric ewe ernstig by. “Maar dit kon erger gewees het – het julle gesien hoe dans Ty [Burrell – hy speel Cam se swaer Phil]? Hy’s erger as ek! Ons is die twee witste hip-hop- dansers op die planeet!”

KOM IN DIE RITME

Om die akteurs voor te berei het die vervaardig­ers regte hip-hop- dansers gekry om hulle touwys te maak met ’n paar danspassie­s in episode 16. “Dit was soveel pret – ek gaan dalk hierna danslesse neem,” sê Ty. “Vir my is die beste ding van die episode dat ons stereotipe­s [dat blanke ouens nie kan dans nie] takel en dit reg bewys. Ons voer elke hip-hop- danspassie uit waaraan jy kan dink, en ons is so lomp en aaklig . . . maar ons karakters dink hulle is sensasione­el.” Dit was egter nie net vir staan en bokspring nie: Die akteurs was by ’n driedaagse danskamp om seker te maak hul bewegings lyk goed. “Daarna was dit maklik om dit skaapagtig en komies te laat lyk,” verduideli­k hul regte dansinstru­kteur Stephen

Boss, wat as Cam en Phil se instrukteu­r Sho Nuff te sien is.

PRET VIR DIE HELE FAMILIE

Vir Eric en Ty beklemtoon die storielyn “waaroor ons program gaan: gewone mense wat pret het”, sê Eric. “Daar’s nie iets soos ’n dansstyl wat net vir een groep mense is en nie vir ander nie. As jy dit geniet om te dans, of dit hip-hop of wals is, doen dit net. Wat maak dit saak as jy soos Cam en Phil lyk? Dis jou kans om pret te hê.” En as jy nog onseker is of jy dit op die dansvloer kan uitkap, neem Cam se raad aan Phil net voor hul uitvoering ter harte: “Ons moet ontspan en onthou ons is net twee ouens wat dans.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa