TV Plus (Afrikaans)

Darin Brooks

Wat gaan in jou gunsteling­akteur se kop aan?

-

Die VSA-sepie The Bold & The Beautiful (1987-nou, lees meer op bl. 25) gedy op familieska­ndale en drama, en tans is Darin Brooks in die middel daarvan wanneer sy karakter Wyatt vryerig raak met sy eksstiefma Katie (Heather Tom). “Ek’s mal oor die storielyn,” sê die 34-jarige. “Dit toon hy aard na sy pa, Bill (Don Diamont), wat vroue betref.” Al het Wyatt sy kwota minnaresse gehad – hy was getroud met Hope Logan (Kim Matula) in 2015 en Steffy (Jacqueline MacInnes-Wood) in 2017 – is daar net een vrou vir Darin en Bold fans sal haar gesig herken: Forrester Internatio­nal se reklameage­nt Eva (Kelly Kruger). “Dit was liefde by die eerste aanblik,” sê Darin, wat die jawoord gevra het terwyl hulle in 2014 in Parys met vakansie was. Hulle is in Maart 2016 getroud. So wat’s beter as om saam met jou vrou in die TV-bedryf te werk? Die paartjie geniet dit om styf teen mekaar voor hul TV te sit en hul gunsteling­reekse saam met hul wollerige hondebabas Charlie en Maddy te binge-kyk.

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met jou maats gespeel het? Die tienersitk­om Saved By The Bell (1989-1992). In my jeugjare het ek graag die 1980’s- en 1990’s-reekse gekyk. Ek was Zach Morris (Mark-Paul Gosselaar), en al die ander was sy vriende.

Wie was jou eerste TV-liefing? Kelly Kapowski (Tiffani Amber Thiessen) van Saved By The Bell. Sy was sexy! Wat het jy gedoen wanneer daar ’n “intieme” oomblik was terwyl julle as gesin TV gekyk het? Ek het daarna gekyk. Ek het probeer maak of dit niks besonders was nie sodat my ouers my nie uit die vertrek stuur nie. Watter produk wat jy al in ’n TV-advertensi­e of -program

gesien het wil jy graag hê? Dis ’n groot ding. Ek wou ’n Grumman F14-Tomcat-vegstraler ná die 1986-aksiefliek Top Gun met Tom Cruise hê. Ek wou ’n vegvlieëni­er word ná ek hom in die fliek gesien het. Top Gun was die rede hoekom ek ’n akteur wou word.

Wie se TV-klerekas sou jy wou hê? Tom Cruise se Top Gun-jeans, wit T-hemp en vliegbaadj­ie . . . so koel!

In wie se TV-huis sou jy graag wou bly? Ek was mal oor die huis in Hawaii waar ek grootgewor­d het. Ek wou nooit in iemand anders se huis woon nie. Ek bedoel, ek het in Hawaii grootgewor­d. Oor watter reeks is jy tans fanaties? Ek en Kelly is mal oor die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou), die distopiese riller The Handmaid’s Tale (2017-nou), fantasiere­eks Outlander (2014-nou) en veral Bold. Watter werk sou jy agter die skerms wou doen? Ek sou ’n vervaardig­er of regisseur wou wees. Ek geniet dit om dinge te maak en iets te skep. Ek skryf tans draaiboeke agter die skerms en kry hulle vervaardig.

Wat W is een van jou gunsteling-storiekink­els in ’n reeks?r Toe die bose prins Joffrey van Game Of O Thrones vergiftig en dood is [seisoen 4 episode 2, 2014]. Ek het nie die boeke gelees nie, daarom was dit vir my heeltemal onverwags.

Wat W is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel t verfilm? Ons doen baie bladsye per dag en ons probeer dit binne ’n bepaalde tyd afhandel. So dis gek wanneer iemand lank l neem omdat hy nie sy woorde kan onthou o nie. Jy wil nie daai ou wees nie. Met M al die nuwe weergawes tans, van watter reeksr sou jy ’n nuwe weergawe wou maak en e daarin speel? Die vampiergru­welfliek Buffy, The Vampire Slayer (1996-2003). Ek’s ’n aanhanger van die skepper Joss J Whedon en alles wat hy doen. Of Magnum, P.I. (2018-nou, lees meer op bl. b 33), want ek het in Hawaii grootgewor­d. w

AsA jy enige karakter in ’n reeks kon speel,

wiew sou dit wees? Jon Snow (Kit Harington) t van Game Of Thrones. Of eintlik enige karakter daarin. Die swaardgeve­gte, drake, wapenrusti­ngs, perdry – ek’s gek daarna! Jou J gunsteling-ikoon is: Tony Shalhoub van die dramareeks Monk (2002-2009), want w hy het so ’n wonderlike karakter geskep. Ook John (McCookie) McCook van Bold – as die patriarg Eric Forrester! Ek noem hom Papa Bear. Hy’s so ’n goeie ou in die werklike lewe en dit lyk of hy sy rol as vaderfiguu­r moeiteloos vertolk. Dis regtig pret om hom te sien werk. En E as jy een ding van Wyatt kon verander? Ek het meer daarvan gehou toe hy ’n slegter ou o was. Skiet eers en vra later vrae. Hy’s H ’n produk van Bill en Quinn (Rena ( Sofer). Hy het slegte neigings en ons weet steeds niks van sy geskiedeni­s toe Quinn hom grootgemaa­k het nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa