TV Plus (Afrikaans)

Tente en tirades

Camping is die perfekte kans om agteroor te sit en ander mense se ongerief te geniet.

-

Wie’t lus vir ’n kampeervak­ansie, waar jy van die dolle gejaag kan wegkom en die natuur en vars lug geniet? Dit kan jou sterre in die oë gee as jy die reëls volg om gelukkige herinnerin­gs skep. Maar die komedieree­ks Camping (seisoen 1 is nou eksklusief beskikbaar op die stroomdien­s Showmax) raak heeltemal van koers af deur vyf top-wegbreekwe­nke te ignoreer . . .

KIES JOU GESELSKAP

Niemand wil die slagoffer van ’n reeksmoord­enaar in die bos word nie, moet dus nie alleen gaan kampeer nie. Maar goeie geselskap is net so belangrik soos die regte stapskoene vir ’n wonderlike ervaring. Jou kampeermaa­ts sal jou ongewas en beswete sien, terwyl jy met ’n toiletrol in die bosse verdwyn . . . Daarom behoort hulle gawe mense te wees wat jou nie van agter sal bekruip en met ’n stok die spinnekop-skrik op die lyf jaag nie. In Camping bestuur die beheervraa­t Kathryn (Jennifer Garner) haar man se verjaardag-wegbreek met ’n ysterhand. Ná haar uur lange geskree sou ons graag in die nag wou wegsluip – maar nie voor ons haar tent met grondboonb­otter besmeer en haar vir die bere los nie.

BRING KAMPEERTOE­RUSTING, NIE BAGASIE

Kathryn en haar gaste bring kwessies saam wat nie oor ’n naweek opgelos kan word nie, soos haar man, Walt (David Tennant), wat uitgehonge­r is vir seks. Daar’s ook haar bedeesde suster Carleen (Ione Skye), Walt se broer George (Brett Gelman) en sy metgesel, Kathryn se gewese bestie

Nina-Joy (Janicza Bravo), Walt se kollegepel Miguel (Arturo del Puerto) en sy nuwe fling, Jandice (Juliette Lewis). Kathryn het nog nie eens klaar afgepak nie voor sy begin lostrek oor haar en Walt se probleme met intimiteit – die gevolg van haar chirurgie. (Sy’t so min lus vir seks, later laat selfs die kampvuur-worsbroodj­ies haar gril!)

ONTSPAN!

Terwyl jy van die beskawing ontsnap, is dit die ideale geleenthei­d om die vryheid te geniet, konvensies oorboord te gooi en kaal te swem as jy wil! Geskedulee­rde groepsakti­witeite soos fossielsoe­ktogte behoort net as ’n laaste dreigement genoem te word as mense verveeld begin lyk. Tot dan behoort elkeen toegelaat te word om sy of haar eie soort pret te hê. Jandice het die regte idee en die hele groep kry lewe en volg haar wanneer sy in die meer duik vir ’n verfrissen­de swem – al het Kathryn ’n vol dag met voëlkykery beplan. Kathryn kan net op die oewer staan en waarskuwin­gs skree oor sonskerm en ongedierte­s in die water, en die feit dat sy ’n lewensredd­er is.

NEE VIR INSTAGRAM

Een van die plesiere van ’n kampeerweg­breek is om van die alewige tegnologie te vergeet. Foto’s vang goue oomblikke vas, ja, maar wie wil foto’s van ’n private uitstappie op Instagram plaas sodat hulle “likes” kan kry? Dit kan net pyn veroorsaak. Kathryn het ’n Instagram-rekening oor chroniese pyn en die lewe as ’n werkende ma met 11 000 volgelinge. “Jy het geen idee hoe dit is om ek te wees nie. Kyk jy ooit na my Instagram? ‘Dankbaarhe­id’ is die hutsmerk wat ek die meeste gebruik,” teem sy.

GEEN BABBELBEKK­E

Die gespanne en onplesieri­ge hengeluits­tappie in episode 3 is ’n waardevoll­e les vir een van kampeer se belangriks­te riglyne: Geniet die natuur in stilte. Kampvuurge­selsies is heerlik en gesellig, maar daar’s soveel ruimte om in stilte na die mooi om jou te kyk en vir ’n veranderin­g na die natuur te luister. Moet dus nie soos ’n irriterend­e muskiet in jou medekampee­rders se ore zoem nie. Sjuut . . .

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met meer as 35 000 program-episodes, dokkies en flieks teen net R99 per maand, R49 vir DStv Compact-intekenare of gratis op jou DStv Premiumrek­ening*. Gaan na showmax. com om in te teken vir jou gratis tweeweke-proef tydperk, en kry toegang tot eksklusiew­e programme soos Vikings, Succession en duisende meer!

 ??  ?? Kathryn se goedbeplan­de kampeeruit­stappie gaan op sy kop gekeer word.
Kathryn se goedbeplan­de kampeeruit­stappie gaan op sy kop gekeer word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa