TV Plus (Afrikaans)

Alexa se kans op geluk

Daar is ’n nuwe man in Alexa se lewe, maar is sy bedoelings opreg?

-

Alexa (Carina Nel) wou aanvanklik niks weet van die nuweling in die Laan, Kevin (Ashish Gangapersa­d), en die dokumentêr­e program wat hy oor die Haven-drama maak nie. “Maar Kevin het Alexa met sy sjarme betower en voor sy haar oë kon knip begin hulle date,” sê Carina. Maar dan diep Kevin iets uit haar verlede op wat haar laat twyfel oor waarom hy werklik in Hillside is.

BETOWER DEUR SY SJARME

Kevin het Alexa genader om as kenner op sy programme te verskyn omdat sy ’n dokter is, kennis het oor posttrauma­tiese stressindr­oom en hoe dit die slagoffer beïnvloed.

Op Woensdag 5 Desember vra Kevin Alexa of hy ’n onderhoud met haar kan voer oor haar ervaring in Afrika toe sy vir Doctors Without Borders gewerk (in Maart 2017) het, en wat sy daar van posttrauma­tiese stres geleer het. Carina sê Alexa is aanvanklik huiwerig. “Sy is nie gemaklik voor die kameras nie, en hou nie daarvan om die kollig op haar te hê nie. En as kykers onthou was sy baie anders toe sy teruggekom het (in Mei 2017). Sy het meer beskeie aangetrek en was ook meer plat op die aarde,” vertel Carina.

’N ONVANPASTE VRAAG

Kevin oortuig Alexa op Donderdag 6 Desember om die onderhoud te doen, al word dit regstreeks uitgesaai. “Alles gaan goed en Alexa beantwoord Kevin se vrae so volledig moontlik. Tot hy haar uit die bloute ’n baie persoonlik­e vraag vra oor ’n grudaad wat met haar gebeur het toe sy in Afrika was,” sê Carina.

Ons mag nie die vraag verklap nie, maar dis ’n groot geheim wat Alexa nog vir niemand vertel het nie. “Alexa is diep geskok deur Kevin se vraag en wil dadelik weet waar op aarde hy sy inligting gekry het.”

Die volgende dag op Vrydag 7 Desember konfrontee­r Alexa vir Kevin oor wat hy werklik in Hillside maak. “Haar vertroue in hom is onherroepl­ik geskok en sy begin besef hy gebruik haar dalk net om ’n sensasione­le storie te kry.”

KEVIN MOET LIGLOOP

Alexa se gesin ontferm hulle oor haar wanneer hulle uitvind wat met haar gebeur het. “Alexa is baie dankbaar vir hul ondersteun­ing, maar sy wil nie hê hulle moet ’n boehaai daarvan maak nie. Sy glo persoonlik sy het dit agter haar gesit,” sê Carina.

Maar sal sy Kevin vergewe en hul verhouding voortsit? Ons sal moet wag en sien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa