TV Plus (Afrikaans)

Verbode liefde

Marius Weyers maak sy buiging as André in Suidooster.

-

Die misterie rondom die lewe van oom Willie (nie op skerm nie), Chris (Marcel van Heerden) se oom wat onlangs oorlede is, het verdiep. Sy neefs Tim en Stefan (Marco Spaumer en Gideon Lombard) het reeds koppe gestamp oor sy erflating aan hulle, maar dis Tim se meisie Danni ( Vashti Prins) wat regtig belangstel in oom Willie en wie hy was. En wanneer sy op Dinsdag 4 Desember verder in oom Willie se besittings krap, kom sy op ’n verhaal van verbode liefde af.

SKOKKENDE NUUS

“Danni kry ook ’n ou jaarboek van oom Willie en sien ’n foto van hom saam met ene André Nel (Marius Weyers), wat in hul jonger jare saam met Willie ’n onderwyser en krieketafr­igter was,” vertel Vashti. Danni brand om meer oor Willie te weet, en bel André wanneer sy ’n nommer vir hom in Willie se dagboek sien.

Dieselfde dag ontmoet Danni en haar vriendin Michelle (Greta Pietersen) André in die Oos-Wes-restaurant en peper hom met vrae oor oom Willie. “Die kuier verloop goed tot André hoor Willie is dood. Hy is geskok want hy het nie geweet nie,” sê Marius.

Oorval deur emosie storm André daar uit, maar maak later met Danni kontak.

’N LIEDJIE MET BETEKENIS

Die volgende dag, Woensdag 5 Desember, is daar verwikkeli­ngs rondom die gedig wat Danni reeds in November tussen Willie se besittings gekry het – ’n liefdesged­ig aan iemand.

Die woorde in die gedig het Danni geraak en wanneer sy die sangeres Lize Beekman in die Suidooster-Sentrum raakloop, vra sy Lize om na die gedig te kyk. “Lize sê dit kan nogal ’n mooi liefdeslie­djie maak en vra of sy dit kan toonset,” vertel Vashti.

Later die dag hou Lize ’n konsert in Oos-Wes en sing die einste liedjie, en Danni nooi André om te kom luister. Hy is diep geraak daardeur en hy vertel Danni hy ken die woorde en sê die gedig is jare gelede vir hom geskryf.

 ??  ?? Danni (inlas) kontak André om meer oor oom Willie uit te vind.
Danni (inlas) kontak André om meer oor oom Willie uit te vind.
 ??  ?? Danni en Mymoena (Jill Levenberg) is verbaas om Lize in Ruiterbosc­h te sien.
Danni en Mymoena (Jill Levenberg) is verbaas om Lize in Ruiterbosc­h te sien.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa