TV Plus (Afrikaans)

Wrede wraakplan

Eben en Zac vernietig Steve se reputasie.

-

Dis seker enige man met status se grootste nagmerrie: jy gaan sit in ’n kroeg en ’n mooi meisie maak vir jou ogies. Die volgende oggend word jy wakker en het geen idee wat alles die vorige aand gebeur het nie. En dan word skokkende beeldmater­iaal van die vorige aand aan jou gestuur en jy word vir ’n aardige bedrag afgepers . . .

Dit is die lot wat die plastiese chirurg dr. Steve Abrahams (Clint Brink) tref. Boonop sneeubal die hele drama en dit lyk of die onaangenam­e voorval nie net sy reputasie nie, maar selfs sy loopbaan en verhouding­s gaan verpletter.

MAKLIKE TEIKEN

Die goed beplande, slinkse set is ’n groot raaisel vir Steve. Hy het eers nie die vaagste benul wie agter alles sit en sy ondergang wil bewerkstel­lig nie, maar dit begin wanneer twee moeilikhei­dmakers weer op vrye voet is.

Eben (Zak Hendrikz), die man wat Steve se lieflingdo­gter Lexi (Kisha Skeï) in 2016 ontvoer het, en ’n tronkmaat, Zac (Juvan Muthray), ontsnap op Dinsdag 4 Desember uit die tronk en gaan skuil in Eben se eksvrou, Annelize (Cindy Swanepoel), wat tans by ’n oorsese konferensi­e is, se woonstel. Hulle besef hulle het geld dringend nodig en wanneer Zac die volgende dag op ’n lêer in Annelize se woonstel afkom wat aandui Steve is as Persoon Van Die Jaar aangewys, hoor hulle munte klingel. As hulle die welgesteld­e dokter kan afpers, is hulle ryk en hul probleme verby.

VERNUFTIGE MIDDELGANG­ER

Die twee kry ’n wenplan, maar besef hulle sal ’n derde persoon moet inspan om hul vuilwerk te doen. “Eben skakel ’n ou kontak, Tracy (Melinda Brink), ’n prostituut,” vertel Zak. Tracy stem dadelik in om saam te speel en maak die volgende dag ’n afspraak by die plastiese chirurg om kamma ’n prosedure te laat doen. Haar eerste konsultasi­e op Vrydag 7 Desember by Steve verloop goed en Tracy maak ’n opvolgafsp­raak – en nou begin Eben en Zac se plan vorm aanneem.

Eben se volgende stap is om Steve en Tracy toevallig op dieselfde plek te kry. “Zac bel Steve anoniem en sê hy skakel van ene Margaret van Heerden se kantoor af en sy wil Steve in Nagskof ontmoet om oor ’n liefdadigh­eidsprojek te praat,” vertel Zak.

Steve sit die aand niksvermoe­dend in die kuierplek en loop in sy nuwe pasiënt Tracy vas. Tracy dokter Steve se drankie, en hy raak vinnig gekletter.

SKOK EN GEHEUEVERL­IES Elana

Wanneer Steve se nuwe liefde (Ilne Nienaber) hom op Maandag 10 Desember in sy hotelkamer – waar hy die afgelope paar weke bly – wakker klop, is hy in ’n toestand. Hy besef dadelik hy kan niks van die vorige aand onthou nie, maar probeer dit vir Elana wegsteek. “Steve is agterdogti­g en bel die hotelontva­ngs en vra hoe laat hy die vorige aand ingekom het. Hy is

 ??  ?? Tracy (regs) maak ’n afspraak by Steve.
Tracy (regs) maak ’n afspraak by Steve.
 ??  ?? Eben en Zac is oorgehaal om Steve te verwoes.
Eben en Zac is oorgehaal om Steve te verwoes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa