TV Plus (Afrikaans)

Bill se plofbare fout

Bill se plan om die Spectra-kantore op te blaas kan dalk sy grootste fout tot nog toe wees . . .

-

Bill Spencer (Don Diamont) het die einde van sy geduld met Spectra Fashions bereik – hy sal hul gebou inpalm, maak nie saak wat nie. “Hy’t alles gedoen wat hy kon om van die Spectras ontslae te raak. Hy het tot probeer om die gebou af te brand,” sê Don. Maar sy aanvalle het die Spectras en selfs sy eie seun Liam (Scott Clifton) meer vasbeslote gemaak om Bill te keer om ’n wolkekrabb­er op die perseel op te rig. Liam en Sally (Courtney Hope) beplan sedert Vrydag 30 November aan hul geheime sitbetogin­g, en Scott sê dit kan Bill dalk keer om die gebou op te blaas en te laat sloop. “Liam dink nie Bill sal moord pleeg vir ’n stuk grond nie, maar hy is verkeerd!” Bill hoor op Donderdag 13 Desember die slopingspa­n is reg om hul werk te doen, en lag onderlangs soos die gebou inmekaar tuimel. “En net so word Sky gebore,” grinnik hy met verwysing na sy nuwe gebou.

STOP!

Bill se glimlag verflou later dieselfde dag wanneer sy prokureur en handlanger

Justin (Aaron D. Spears) hom paniekerig bel om te sê Liam en Sally was in die gebou toe dit ontplof het. “Bill besef wat hy gedoen het,” vertel Don. En die moontlikhe­id dat hy sy seun vermoor het, maak Liam se vrou

Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) ook rasend van bekommerni­s wanneer sy haar op Vrydag 14 Desember na die puin haas. “Sy is buite haarself. Hoe kon haar skoonpa so iets doen,” sê Jacqueline.

DESPERATE SOEN

Onder ’n blok sement wat besig is om te verkrummel, sê Sally dieselfde dag vir Liam sy het hom lief. In wat hulle dink hul laaste oomblikke is, soen die twee passievol, net om sekondes later gered te word. Liam is woedend vir sy pa op Dinsdag 18 Desember en vaar vanuit sy hospitaalb­ed teen Bill uit. “Gaan weg, ek wil jou nie ken nie!” snou Liam Bill toe. En dis nie die einde van Liam of Bill se probleme nie.

 ??  ?? Bill hoor hy het dalk pas sy seun vermoor.
Bill hoor hy het dalk pas sy seun vermoor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa