TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Emma los Xander ná sy modedebuut, en Bill en Justin stel ’n strik vir Ridge en regter McMullen. Brooke waarsku Bill om versigtig te wees met sy gekonkel, en Ridge bespreek Bill se motiewe met Katie, Thorne, Liam en Wyatt. Die Forresterk­antore is die verhoog vir Kooky teenoor Cuckoo wanneer Pam en Quinn op die oorlogspad is, en Pam vra Donna verskoning vir hul botsings in die verlede. Pam oorreed Eric om Donna aan te stel om saam met haar te werk wel wetende Quinn sal dit haat dat Eric se eksminnare­s elke dag daar werk, en Wyatt en Liam bring tyd saam met klein Will deur.

DAYS

Sami neem die gebrande man, die werklike EJ DiMera, na Italië vir behandelin­g, en Mimi onthul sy en Rex is baba Bonnie se biologiese ouers. Abby begin kraam ná Chad haar ontvoer en hulle verwelkom ’n babadogter, maar Chad moet noodgedwon­ge ’n ooreenkoms met Stefan aangaan om ma en baba te red. Gabi moet ook ’n ooreenkoms met Stefan aangaan om te keer dat hy haar vuil geheime verklap, en Paul en Lucas oorweeg dit om Salem te verlaat ná Brady vir Paul vertel wat tussen Will en Sonny aangaan. Lucas sukkel met die reperkussi­es van Bonnie en Mimi se leuens.

Y&R

Rey en Sharon se besluit om nie op hul gevoelens te reageer nie verdamp net wanneer Rey se vrou Mia in Genoa City aankom. Arturo vind JT se horlosie in die park, en Rey verander JT se saak na ’n moordonder­soek. Hy bring Nick, Victoria en Michael in vir ondervragi­ng wanneer die Newman-familie sy hoofverdag­tes word. Mariah en Tessa trek saam in, maar Tessa steek ’n sak vol geld in haar hangkas weg en sy raak histeries wanneer sy besef Mariah het haar ou matras weggegooi. Dis tyd vir die Jaboutique-openingspa­rtytjie, en Summer wil Kyle van Lola afrokkel.

 ??  ?? Rey se vrou Mia (regs) ontmoet Sharon die skelmpie.
Rey se vrou Mia (regs) ontmoet Sharon die skelmpie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa