TV Plus (Afrikaans)

Geheime onthul

Sara Se Geheim is terug vir Desember-kykgenot.

- Sara Se Geheim

Seisoen 2 kykNET (*144) Maandae-Woensdae 21:30 (begin 10 Desember)

Intrige, geheime, leuens, verraad, die dood, maar darem ook liefde en selfs ’n troue – dis waarna ons kan uitsien wanneer die tweede seisoen van Sara Se Geheim (2017-nou) in Desember op kykNET begin. Die aktrise June van Merch, wat die rol van Sara speel, sê die drama is ’n produksie van hoë gehalte wat gekyk moet word. “Die reeks bied ’n goeie draaiboek, talentvoll­e spelers en storielyne wat gebou is rondom onderwerpe waarmee kykers hulle kan vereenselw­ig,” verduideli­k sy. Boonop hoef jy nie te lank tussen episodes te wag vir die volgende hoofstuk van die geheim nie – dit word nou drie keer per week uitgesaai.

DIE GEHEIMHOUE­R

Die storie handel oor die geheim wat Sara bewaar oor haar seun, Johan (Dawid Minnaar), en sy herkoms. Johan, oftewel Johnny, het jare tevore as bruin tienerseun sy identiteit verruil vir dié van ’n wit persoon toe hy in die apartheids­jare by die veiligheid­spolisie in die moeilikhei­d gekom het. Die res van die familie glo hy is destyds tydens die politieke onluste dood.

Sara dra nie net dié geheim met haar saam nie, maar ook geheime van haar ander kinders, Maggie (Lee-Ann van Rooi) en Lizzie (Quanita Adams). “Sara se natuurlike instink is om haar kinders te beskerm,” sê June. “Sy kom uit ’n geslag van geheimhoue­rs. Op ’n manier is sy selfsugtig om die waarheid van hulle te weerhou want sy is bang hulle gaan haar verwerp.”

DIE WAARHEID KOM UIT

Seisoen 2 begin waar seisoen 1 (wat op die aanlyn stroomdien­s Showmax beskikbaar is) geëindig het: Maggie het haar ekskêrel Ricky (Brendan Daniels) en biologiese pa van haar seun Aiden (Marlo Minnaar) op ’n boot geskiet. Ricky het wonder bo wonder die aanval oorleef en veg nou om sy lewe in die hospitaal. In episode 1 (10 Desember) gaan Aiden die waarheid uitvind oor Ricky en sy vaderskap, wat ’n wig tussen hom en Maggie gaan indryf.

Aiden moet boonop teen die verkragter­s van die fiktiewe manskoshui­s Astonia Huis getuig –

Gerhard (Edwin van der Walt), en Tyrone (De Klerk Oelofse), is verlede seisoen vasgetrek vir die verkragtin­g van Anita (Marguerite van Eeden).

TWIS TUSSEN MA EN DOGTER

Lizzie en Sara gaan in die tweede reeks lelik koppe stamp omdat Sara ’n ander groot geheim van haar dogter weerhou. “Danny (Keenan Arrison), Lizzie se man, verneuk haar al jare lank agter haar rug met ’n ander vrou. Sara het daarvan uitgevind, maar eerder vir Danny daaroor gekonfront­eer as om Lizzie daarvan te vertel,” sê June. In episode 7 (24 Desember) vind Lizzie uit haar ma het die inligting van haar weerhou en sy is so woedend dat sy uit haar ma se huis trek.

Teen episode 8 (26 Desember) kom Johnny se geheim op die lappe en dit raak nie net Sara se familie nie, maar ook Johan se vrou, Nicola (Natania van Heerden), wat lankal vermoed haar man steek ’n groot waarheid vir haar weg. Die reeks eindig op ’n klimaks – ’n bruilofsfe­es – en Maggie wat weer eens ’n vuurwapen in haar hand het. Die koeël is bedoel vir ’n groot vyand van haar, maar dit tref ’n geliefde . . .

 ??  ?? Johan (Dawid Minnaar) saam sy gesin, van links: sy dogter, Inge (Lise-Marié Richardson), sy vrou, Nicola (Natania van Heerden), en sy biologiese ma, Sara (June van Merch).
Johan (Dawid Minnaar) saam sy gesin, van links: sy dogter, Inge (Lise-Marié Richardson), sy vrou, Nicola (Natania van Heerden), en sy biologiese ma, Sara (June van Merch).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa