TV Plus (Afrikaans)

’n Saak van lewe of dood

Nina wil ’n bom plant en ontvoer Wade en Zoe.

-

Nina (Charlene le Roux) het dinge nou te ver gevoer. Enige logiese denke – as sy dit ooit gehad het – is by die deur uit met haar nuutste plan om moederaard­e te beskerm: Sy wil ’n bom by Suidooster-Eiendomme (SE) se nuwe ontwikkeli­ngsprojek Hamerkopvl­ei plant.

Sy is genadeloos in haar vendetta teen SE en sy grootbaas Ian October (Abduraghma­an Adams) omdat sy glo sy ontwikkeli­ng is skadelik vir die natuur. Maar wanneer dit lyk of een van haar eie dissipels, Wade (Dean John Smith), haar planne in die wiele wil ry, maak sy hom stil deur hom te ontvoer. En hy is nie die enigste een wat uit Ruiterbosc­h verdwyn nie . . .

IN DIE WIELE GERY

Ons het Nina in Oktober leer ken as ’n meditasie-instrukteu­r, maar sy het geleidelik haar ware kleure begin wys. “Nina is ’n radikale omgewingst­erroris,” verduideli­k Charlene. Sy het haar visier op Wade gestel, wat haar as ’n mentor beskou, en hom gebreinspo­el om deel van haar eko-kultus te word. Wade het onlangs tot sy sinne gekom en besef wie Nina werklik is.

Dean sê Wade het die afgelope paar dae oorweeg om haar groep te verlaat, maar besluit om eers te bly. “So kan hy haar kwaadwilli­ge dade in die wiele ry en onskuldige mense se lewe red. As hy nie meer betrokke is by hul groep nie, gaan hy nie weet wat hulle in die mou voer nie.”

Dinge het vererger van gewone betogings tot iets baie radikaler en op Woensdag 5 Desember maak Nina en haar trawante reg om ’n bom te plant by die mediakonfe­rensie wat op die ontwikkeli­ngsterrein plaasvind.

Maar alles verloop nie volgens plan nie. “Iemand waarsku die polisie oor die bom en hulle kan nie met hul plan voortgaan nie,” verklap Charlene.

Nina vermoed dadelik dis Wade, juis omdat hy so teen die bomplanter­y b gekant was, en is s siedend. “Sy besluit om Wade g gevange te hou en kry dit reg om hom in haar boot t toe te sluit.”

NINA VERTEL LEUENS

Terwyl Wade magteloos op die boot is, gebeur verskeie dinge die volgende d dag. Nina loop Wade se eksmeisie en hoofagent op Donderdag 6 Desember by SE raak en “Zoe wil by Nina weet waar Wade is. Nina lieg vir haar en sê Wade het Ruiterbosc­h verlaat omdat hy afstand van Zoe wil hê,” sê Charlene. Intussen hoor Ty T (Maurice Paige), Wade se broer, van sy verdwyning en begin dadelik na hom soek. Maurice sê Ty kry Wade W se gebreekte skaatsplan­k

in Nina se meditasie-ateljee. “Daar is ook bloed op die grond wat Ty baie bekommerd maak en hy glo vas Nina het iets hiermee te doen.”

Later die dag stamp Nina koppe met Ian – wat vermoed sy sit agter die bomplant-poging – wat haar mooi laat verstaan hy sal haar vernietig as sy weer iets probeer om sy besigheid te benadeel.

Maar Nina skrik nie vir hom nie en slaan hom waar dit seermaak: sy ontvoer ook sy werker Zoe.

’N BOSE SPELETJIE

Ian kry ’n onheilspel­lende oproep op Vrydag 7 Desember van Nina wat spog sy het Zoe ontvoer en hou haar en Wade gevange.

Wat meer is, sy het die bom wat hulle sou geplant het, nou op die boot saam met haar gyselaars. “Sy eis van Ian om die Hamerkopvl­ei-projek te staak en die grond aan ’n natuurrese­rvaat te skenk, anders sal hy Zoe en Wade nooit terugkry nie,” sê Charlene.

Die Oktobers is paniekbeva­nge en Ian stem in tot Nina se eise, maar Nina geniet haar bose speletjie te veel en kom nie haar kant van die ooreenkoms na nie.

Ian sit druk op haar om hulle vry te laat, maar op Maandag 10 Desember gee Zoe vir hom vals inligting oor waar sy die twee aanhou.

Wade en Zoe het intussen tydens die aanhouding nader aan mekaar gekom en raak later diselfde dag versoen. Hulle sit al hul probleme ten opsigte van Zoe se aborsie (in Augustus vanjaar), wat die einde van hul verhouding beteken het, agter hulle en besluit om hul verhouding weer ’n kans te gee as hulle ontsnap.

LEWE OF DOOD

Maar hul nuutgevond­e liefde is dalk van korte duur. Nina besluit op Dinsdag 11 Desember om haar bom te aktiveer. Dean sê dis letterlik ’n saak van lewe of dood vir Wade en Zoe. “En albei van hulle se lewe kan dalk nooit weer dieselfde wees nie.”

 ??  ?? Nina vertrou nie meer vir Wade nie.
Nina vertrou nie meer vir Wade nie.
 ??  ?? Ian wil Nina vernietig.
Ian wil Nina vernietig.
 ??  ??
 ??  ?? Wade probeer Zoe kalm hou.
Wade probeer Zoe kalm hou.
 ??  ?? Wade en Zoe versoen tydens hul aanhouding.
Wade en Zoe versoen tydens hul aanhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa