TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 18:30

-

kykNET & kie Weekdae 18:30 M-Net-dek. Weekdae 17:30 kykNET (*144) Weekdae 23:00 kykNET & kie (*145) Weekdae 14:00

VERLEDE KEER

Wade het by Suidooster-Eiendomme ingebreek en die plek verniel, Tim en Stefan het oor hul erfstukke van oom Willie gestry, en Rhafiek en Carmen het ’n eie besigheid begin.

5 – 7 DESEMBER

Suidooster-Eiendomme se werknemers is in rep en roer oor die groot dag vir hul ontwikkeli­ngsprojek, en Danni kry goeie nuus, maar André reageer vreemd en verklap ’n geheim. Mrs. J het ’n groot verrassing vir Ronald, en Zoe is geskok wanneer sy hoor Wade het Ruiterbosc­h verlaat. Danni luister na oom Willie se volle lewensverh­aal, en die spanning loop hoog tussen Suidooster­Eiendomme en Nina se trawante.

10 – 14 DESEMBER

Stefan en Tim vind uit Willie se skildery het sentimente­le waarde vir André, Wade en Zoe se lewe is in gevaar, en Danni wil hê Tim en Stefan moet die regte ding doen oor die skildery. Rhafiek, Carmen en Bianca sit weer vas oor die SE-aandele, Ian plaas druk op Zoe by die werk, en Ronald het ’n probleem. Rhafiek en Carmen kry uiteindeli­k ’n huis om te verkoop, Ty is moeg vir Wade se neerslagti­ge houding, Ronald aanvaar teësinnig Mrs. J se hulp, en die Gerbers is oorgehaal om hul groot droom te verwesenli­k.

17 – 18 DESEMBER

Carmen en Rhafiek se ondernemin­g kry nuwe momentum, Justin het ’n nuwe vierpotige vriend, die spanning tussen Ian, Rhafiek en Carmen loop hoog, en Bridgette vind uit Stefan en Tim besit nie meer die skildery nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa