TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 19:30

-

VERLEDE KEER

Kallie het uit die bloute in Pretoria opgedaag, Zac en Eben het in die tronk bevriend geraak, en Lexi se veiligheid het ’n prioriteit geword.

5 – 7 DESEMBER

Zac oortuig Eben van hul volgende stap, Lika besef haar drome verskil van Tertius s’n, en Steve word tussen die twee vroue in sy lewe vasgevang. Kallie se keuse skok Lika, Steve erken sy skuldgevoe­lens teenoor Elana, en Zac en Eben deel die plan met Tracy. Conrad is onrustig oor toetsuitsl­ae, hy vra Lika ’n guns, en Kallie vat Conrad vas oor die toetse.

10 – 14 DESEMBER

Jax praat met Elana oor Steve, Okkie en Ilse begin hul plan in werking stel, en Tracy wil niks met haar dokter te doen hê nie. Trudie en Chanel het albei iets om na uit te sien, en Quinton probeer Tertius oortuig van hoe sake staan. ’n Ambulans word na die Koster-woning ontbied, en Conrad deel nuus met Kallie. Steve kry ’n nare verrassing, Ruben maak iets skokkends bekend, en Lika bieg by Kallie wat haar vrese is. Steve besef wat Elana van Tracy dink, Elana onthul iets oor haar verlede aan Steve, en iemand bedank. Kallie vertel Lika ’n geheim, Steve lig Conrad in oor wat aan die gang is, en ’n bekende is terug in Pretoria.

17 – 18 DESEMBER

Lexi is ’n probleem vir Steve, Louis nooi die Ferreiras vir ’n Kersete, Conrad vra Steve om dinge uit te stel, maar Zac het reeds voorsorgma­atreëls getref. Elana herken ’n pasiënt, en Steve het ’n groter krisis as om Lexi die waarheid te vertel. • Lees meer op ble. 5 & 45.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa