TV Plus (Afrikaans)

Gruwelpakk­ies

Lindy word die sondebok vir Bart en Kristien se gekonkel.

-

Die hoof van die Strydersru­gbyunie Bart en sy beeldpoets­ervrou Kristien (Pierre Breytenbac­h en Marlee van der Merwe) is steeds aan die konkel. Hulle stuur al geruime tyd ontstellen­de pakkies vir die spanbreier Schalk (Johan Scholtz) in die hoop dat dit hom so gespanne sal maak dat hy sy varkies sal verloor. Maar op Woensdag 5 Desember praat Bart sy mond verby, wat Schalk onraad laat vermoed en Kristien laat skarrel om iemand te vind op wie sy die blaam kan plaas.

ALLES VIR MAG

Die pakkies, wat glo van Schalk se eks-vrou Iva (Nadia Beukes) af kom en sedert November by hom afgelewer word, is besig om Schalk se senuwees rou te skaaf. “Hy is die afgelope tyd deur hel met sy seun, TJ (Johnny Potsanyane), wat na sy grootouers in KwaZulu-Natal wil trek. En Schalk het begin November sy voormalige kollega

Ike (Fezile Mpela ) se moordenaar uit selfverded­iging doodgemaak nadat hy uit die tronk ontsnap en die Stryders gyselaar gehou het,” sê Johan. Maar die grillerige pakkies, van dooie blomme tot ’n varkhart, kom van v Bart en Kristien. “Hulle doen dit om te verseker Schalk verloor kop k en word in die pad gesteek,” verduideli­k Marlee. “Bart en Kristien soek ’n nuwe hoofafrigt­er in d die klub, een wat meer na hul pype p sal dans sodat Bart en Kristien al die mag in die organisasi­e o het.”

SKINDERSTO­RIES

Schalk is moedeloos nadat Iva op Woensdag 21 November ontken het sy het iets daarmee te doen, maar dan draai sy geluk. g Bart noem iets van die d pakkies wat Schalk kry, en Schalk besef iets is nie pluis nie. Hy het nooit vir

Bart van die pakkies gesê nie, so hoe weet hy daarvan? Terwyl Schalk effens rustiger voel omdat hy nou weet dis nie Iva nie, maar iemand wat sy mes vir hom in het, sit Kristien met ’n probleem. Sy is op Donderdag 6 Desember woedend oor haar man se tongglips en besef Schalk kan hulle ontmasker. Sy moet vinnig aan ’n plan dink om die vinger na iemand anders te laat wys, en plaas dan die skuld op Lindy. “Sy versprei skindersto­ries dat Lindy (Chantal Stanfield) ’n wrok teen Schalk koester en hom verkwalik vir haar mislukte verhouding met Liam (David Johnson),” vertel Marlee. Eintlik het Schalk niks te doen met Lindy se mislukte verhouding nie, maar sy kan ook nie die waarheid vertel oor wat tussen haar en Liam gebeur het nie, omdat dit haar in die tronk kan laat beland. Lindy moes aan Liam erken sy swyg al jare lank oor ’n tref- en-trap-voorval waarby sy en haar ekskêrel, Roy (Emmanuel Castis), betrokke was en dit nooit aangemeld het nie. Liam was teleurgest­eld omdat sy nie verantwoor­delikheid vir die ongeluk wou aanvaar nie en het die verhouding beëindig, want hy vertrou haar nie meer nie.

LINDY WORD DIE SONDEBOK

Met die gerugte wat die ronde doen oor Lindy se misnoeë teenoor Schalk, dink Schalk sy moet die een wees wat die pakkies stuur. Hy loop haar op Vrydag 7 Desember trompop, maar Lindy weet nie hoekom Schalk haar beskuldig van die pakkies wat op sy lessenaar beland nie. Kristien besef sy moet meer bewyse teen Lindy plant, en vra Lindy op Dinsdag 11 Desember om ’n pakkie na Schalk se kantoor te vat. Lindy besef nie dis een van die gewraakte pakkies nie, en Renate (Christel van den Bergh), Kristien se assistent, sien dit, al weet Renate nie Kristien was die een wat Lindy gestuur het om dit af te lewer nie.

Alle hel bars op Donderdag 13 Desember los wanneer Renate sê sy het gesien Lindy is die een wat die pakkie op Schalk se lessenaar gelos het. Lindy verskyn dieselfde dag voor die Stryderraa­d en word die volgende dag, op Vrydag 14 Desember, afgedank. Schalk is verlig dat die pakkiesage tot ’n einde gekom het, en Kristien en Bart kan vir eers asem haal noudat hul sondebok die skuld aanvaar het. Maar Chantal sê Lindy gaan dinge nie net so los nie. “Sy gaan die skuldige kry en wraak neem.”

 ??  ?? Schalk is moedeloos oor die vreemde pakkies wat hy kry.
Schalk is moedeloos oor die vreemde pakkies wat hy kry.
 ??  ?? Iva ontken alles.
Iva ontken alles.
 ??  ?? Kristien is kwaad vir Bart omdat hy sy mond verbygepra­at het.
Kristien is kwaad vir Bart omdat hy sy mond verbygepra­at het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Schalk vermoed onraad wanneer Bart (regs) iets oor die pakkies laat uitglip.
Schalk vermoed onraad wanneer Bart (regs) iets oor die pakkies laat uitglip.
 ??  ?? Lindy is gXexskxoxk­x wanneer sy haar werk verloor.
Lindy is gXexskxoxk­x wanneer sy haar werk verloor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa