TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 21:00

-

Ma.-Sa. kykNET 09:00 Weekdae kykNET 23:00

VERLEDE KEER

Schalk het ’n grusame aflewering in sy kantoor gekry, Maryke het iets ontstellen­ds oor haar ma uitgevind, en Blitz was bang Julia vind uit hy was ontrou.

5 – 7 DESEMBER

Julia konfrontee­r Blitz oor sy verhouding met Mia, Yvonne is skepties oor Herman se projek, en Fafa vermoed onraad oor Schalk se senuineens­torting. Kristien maak planne om haar en Bart se reputasie te red, Blitz geniet sy lewe as losloper, en Schalk konfrontee­r Lindy oor haar vendetta teen hom.

10 – 14 DESEMBER

Renate en Simon sukkel om Herman in die hande te kry, Lindy raadpleeg Liam oor Schalk, en Daniël probeer Chrissie oortuig om hom te vergewe. Kristien stel haar plan met Lindy in werking, Anastasia en Mia maak Blitz gek, en Daniël is raadop met Chrissie. Simon is op die oorlogspad wanneer hy na Herman soek, Blitz het sy hande vol met die vroue in sy lewe, en Lindy is in groot moeilikhei­d by die Stryderraa­d. Simon sit in sak en as oor Herman, Julia wys Blitz wat hy misloop, en Kristien kry dinge in plek vir die Stryder Van Die Jaar-geleenthei­d.

17 – 18 DESEMBER

Simon wys vir Renate hy kan sexy wees, Koekie en Festus het ’n skuldige gewete, en Renate kry Simon se veldtog aan die gang. Maryke probeer Julia se hartsake oplos, en die Stryders is keelvol vir die pompon-dansers Mia en Anastasia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa