TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 19:30

-

Weekdae e.tv (*194) 12:00 Weekdae eExtra (*105 op OpenView HD; *195 op DStv) 13:55

Saterdae e.tv (*194) 09:30

VERLEDE KEER

Javas en Phindile het uitgemaak, Neo het ’n waarskuwin­g oor ’n sluipmoord­poging gekry, en die bestaan van ’n mensehande­lskandaal is onthul.

5 – 7 DESEMBER

Quinton wil die waarheid weet wanneer iemand na aan hom daarvan beskuldig word dat hy die hoof van die mensehande­lsindikaat is, en Layla vra Quinton om ’n reuse-opoffering te maak om NFH te beskerm. Samson plaas Gloria en die Ngemas in ’n onbenydens­waardige posisie, en dr. Jameson smeek Romeo om haar geheim te bewaar, maar sy kan nie help om ’n gegewe perd in die bek te kyk nie.

10 – 14 DESEMBER

Gabadiya betrap Lerumo dat hy rondloer, Mlungisi is ontevrede wanneer Zinzile gaste vir ete nooi, en Stokkies konfrontee­r Samson oor sy bedoelings. Samson maak ’n interessan­te aanbod en hy is geaffronte­er wanneer een van sy bekeerling­e ’n beledigend­e aantyging maak. Romeo en Chumani het hul eerste ontmoeting sedert hulle kamstig uitgemaak het, en iemand in die Langas se binnekring kry lekker oor goeie nuus. Romeo vertel sy ma hoekom hy so baie tyd by dr. Jameson deurbring.

17 – 18 DESEMBER

Romeo besef nie hy word dopgehou wanneer hy besig is met onwettige, tegniese toorkuns om dr. Jameson te help nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa