TV Plus (Afrikaans)

SABC1 Weekdae 20:30

-

Weekdae SABC2 13:30 Sondae SABC1 12:00

VERLEDE KEER

Nosipho het haar voorvaders se grafte gevind, Sbu het ogies gemaak vir Mrs. Madlala en Mxolisi het ’n patroon gekry om Nkunzi mee te vermoor.

5 – 7 DESEMBER

Pastoor Mdletshe is bekommerd oor sy diagnose, en Gabisile probeer Mxolisi dwing om verloof te raak aan Zekhethelo en die Mdletshes vernederin­g te spaar. Mrs. Madlala bederf haar liefie Sbu met geskenke wat hy meer waardeer as die soene wat sy hom gee, en MaNgcobo het ’n belangrike bekentenis om te maak.

10 – 14 DESEMBER

Mxolisi vra Zekhe om hul verhouding verder te voer en terwyl sommige die nuus verwelkom, frons ander daaroor. Maar later dreig Mxolisi om die verlowing te verbreek indien sy familie nie aan Nkunzi lobola betaal nie. Mrs. Madlala probeer Sbu na haar bed lok, en Fikile raak ongeduldig met hul skelmstree­k wanneer ’n vriend met sy rykdom by hulle spog. Nkunzi is op die oorlogspad, maar hy is onrustig wanneer hy uitvind wat Mondli en MaMlambo bespreek het, en Nosipho berei haarself voor om Mondli te los. MaNgcobo erken aan Nosipho sy is nie werklik swanger nie, en Diniwe begin vrae vra oor haar niggie se kamstige baba.

17 – 18 DESEMBER

MaMlambo word uit die hospitaal ontslaan, maar hou haar drome ’n geheim, en MaNgcobo is paniekerig as sy besef MaMlambo onthou haar hospitaalb­esoek. Sbu en Fikile besef GC is hul mededinger vir Mrs. Madlala se fortuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa