TV Plus (Afrikaans)

Gevaarligt­e flikker

Zekhethelo dink haar gebede is verhoor wanneer Mxolisi haar vra om te trou.

-

Die gejaagde lewe het byna Zekhethelo (Nyalleng Thibedi) se lewe geëis toe sy op Woensdag 29 Augustus 'n oordosis dwelms geneem het. Sedertdien het sy met die hulp van haar geloof uit die donker dieptes gekruip. “Sy is 'n ekstremis, dus het sy van dwelmversl­awing tot wedergeboo­rte oorgegaan. Nou wil sy net ‘skoon' wees,” sê Nyalleng. Zekhe het haar minnaar Mxolisi (Nay Maps Maphalala) op Maandag 15 Oktober voor 'n ultimatum gestel: 'n huwelik en 'n toekoms saam met 'n gesin, of niks. Maar terwyl Zekhethelo haar met die kerk besig gehou het, het Mxolisi tussen die wedywerend­e bendes van sy oom

Mkhonto (Bonga Dlamini) en Zekhethelo se pa Nkunzi (Masoja Msiza) vasgevang geraak. Klink dit na 'n goeie basis vir 'n huwelik? Nee! Maar vir Zekhethelo is dit 'n bewys van die mag van gebed wanneer Mxolisi haar op Maandag 10 Desember vra om te trou.

GELOOFSGEN­ESING

Mxolisi is nie die enigste een wat vir die dood koes nie. Zekhethelo se moederfigu­ur Gabisile (Baby Cele) en Nkunzi ontvang op Donderdag 29 November skokkende nuus oor Zekhet- helo se gesondheid. “Sy het steeds 'n inwendige probleem weens die dwelmmisbr­uik,” sê Nyalleng. “Maar sy meen haar geloof gaan haar genees, asof haar geloof haar onsterflik maak.” Gabi is darem daar om te help. “Sis Baby sal Gabi waarskynli­k nie as 'n boelie beskryf nie, maar dit is hoe Mxolisi haar ervaar,” lag Nyalleng. “Sy is regtig manipulere­nd – en in Mxolisi se geval wil sy hê hy moet trou en 'n bestendige lewe lei.” Op Maandag 10 Desember ervaar Zekhethelo dus die tinteling van die huweliksaa­nbod waaroor sy altyd gedroom het. “Sy is in die sewende hemel en dit is pas ná sy uit die hospitaal ontslaan is, dus voel dit soos 'n gebedsdaad.”

JY DROOM!

Maar agter Zekhethelo se rug probeer Mxolisi homself op Donderdag 13 Desember uit die troue wurm deur te dreig hy sal alles afstel as die Mdletshes nie lobola betaal nie. Salig onbewus gaan Zekhethelo met die trouplanne voort. “Sy wil 'n wit troue hê. Sy is 'n gewone model-C-skool-meisie. Sy weet nie wat gebeur in die lobola-onderhande­lings nie.” Met onheil wat in laat Desember op Mxolisi afstuur, “kom dit dalk nie eens sover soos die rok nie”, laat Nyalleng glip. Die antwoord op Zekhethelo se gebede is dalk nie die een wat sy wil hê nie, maar die een wat sy nodig het.

 ??  ?? Pastoor Mdletshe se diabetes-diagnosis kan ’n doodsvonni­s wees as hy homself nie oppas nie.
Pastoor Mdletshe se diabetes-diagnosis kan ’n doodsvonni­s wees as hy homself nie oppas nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa